kategorieë: WenkeSkoonheid

Beste somerskoonheidswenke

18 slim somerskoonheidswenke

1 Maak jou hare met kraanwater nat voor jy swem. As jou hare reeds nat is, sal dit minder swembad- of seewater absorbeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2 Gebruik ’n opknapper voor én na jy swem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 Vleg jou hare voordat jy swem om te keer dat dit koek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 Was jou hare nadat jy geswem het. Onthou, wend sjampoe teen jou kopvel by die wortels aan, want dit is waar die natuurlike olies opbou.

5 Werk sagkens met jou hare. Onthou, hare is nie wasgoed nie! Jou hare is baie delikaat en jy kan dit beskadig deur te hard te was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6 Moenie heen en weer was nie. Werk altyd afwaarts, van die wortels na die punte in die natuurlike rigting van haargroei.

7 As jy olierige hare het moenie jou kopvel te veel met jou vingerpunte masseer terwyl jy was nie, want dit kan olieproduksie stimuleer.

8 Wend opknapper slegs aan mid tot eindpunte van jou hare, anders kan dit veral fyn hare pap maak.

9 Moenie opknapper met jou handpalm aanwend nie. Versprei dit na jou vingerpunte deur amper te maak asof jy handskud met jou twee hande, handpalms op mekaar en trek dit dan na jou vingers toe sodat die opknapper daaraan vaskleef.

10 As jy lang hare het, kam jou opknapper stukkie vir stukkie van onder na bo deur.

11 Onthou, jou hare is ekstra breekbaar nadat jy geswem het, so wees versigtig om dit te veel te borsel en begin altyd onder.

12 ’n Wyetandkam is ’n goeie keuse om jou hare mee uit te kam nadat jy geswem het.

13 Groen hare? Probeer tamatiesous – dit werk regtig. Jy ruik wel soos ’n boereworsrol, maar dit werk. Wend dit aan en wag 20 minute voor jy dit afspoel.

Lees ook: 13 haarwasfoute wat jy maak

Lyf: Bly vars en bevogtig

14 Stort so gou moontlik nadat jy van die strand of swembad af kom om alle sout of chloor af te spoel.

15 Gebruik ’n gegeurde lyfwas om skoon te voel en lekker te ruik. Jy het hopelik nie gebrand nie (want jy was soet en het jou sonskerm gereeld aangesmeer).

16 As dit by jou lyfwas kom, kies sitrusgeure om jou wakker en opgewek te laat voel, of sensuele blommegeure om meer verleidelik te voel.

17 As jy wel gebrand het, vermy gegeurde lyfprodukte en stort net vinnig in louwarm of koue water. As jy te lank stort, sal dit jou verder dehidreer.

18 Smeer lyfroom aan terwyl jou lyf nog halfklam is, die room absorbeer makliker en vinniger.

Lees ook: Teetydskoonheid: Rooibosresepte vir ‘n stralende vel

Lees ook: Bevogtig jou somervel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.