kategorieë: VelsorgSkoonheid

Bevogtig jou somervel

Jy mag vind dat jou vel droog voel na sonblootstelling – dit is ’n teken van verlaagde olies in die vel se oppervlakte. Selfs al was jy nie baie lank in die son nie of al het jy nie heeltemal rooi gebrand nie, kan jou vel steeds afdop. Die beskadigde vel moet dan vervang word sodat dit weer die nodige vog kan opbou en behou. Sonskade kan lei tot veroudering en pigmentasie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Alles wat jy van dehidrasie moet weet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe weet jy jou vel is gedehidreerd?

Kateko Ramoshaba, skoonheidskenner van Clere, meen dat jy beter oor jou vel voel wanneer dit mooi gloei en gesond lyk. Hier is haar wenke om te bepaal of jou vel gedehidreerd is:

  • Indien jou vel grof voel, daar droë kolle is en jy afdop, moet jy weet jou vel moet bevogtig word.
  • Gewoonlik raak die vel by jou elmboë baie droog en voel dit sensitief.
  • Jou urine is ook ’n aanduiding van dehidrasie. As dit donkerder is as gewoontlik, weet jy jou liggaam kort vloeistof.
  • Indien jou mond taai of droog voel en jy heeltyd dors is, kan dit wees dat jou waterinname nie genoeg is nie.

Indien jy enige van die bogenoemde ervaar, beveel Ramoshaba aan dat jy jou waterinname verhoog en jou vel met ’n bevogtiger bevogtig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Gloeiende vel vir elke veltipe

#rooirosewenke

  • Drink genoeg water! Onthou, in die somer moet jy nog meer water inneem as in die winter.
  • Skilfer jou vel gereeld af, sodat jy ontslae kan raak van dooie en droë velletjies op jou lyf.
  • Wend gereeld ’n masker aan om jou vel te voed.
  • Was jou gesig soggens en saans. Dooie velletjies, olie, sweet en bakterieë bou oornag op. Dit is daarom belangrik dat jy hierdie dooie velletjies soggens ook verwyder voor jy jou dagroom aanwend.
  • Smeer gereeld room aan jou hele lyf.
  • Moenie van serum en gesigolies vergeet nie, olies is belangrik.
  • Maak altyd seker jy wend sonskerm aan.
  • Moenie van jou hande vergeet nie. Maak seker jy smeer gereeld ’n bevogtiger aan jou hande.
  • Onthou: Hitte en humiditeit veroorsaak ’n olierige vel, en hoe meer olie jou vel vervaardig, hoe groter raak jou porieë. Dit is hoekom jy in die somer meer geneig is om puisies te kry.
  • Jou hare kan ook deur die son beskadig word, so moenie vergeet om ook ’n masker aan jou hare te wend nie.
  • Kry vir jou ’n goeie gesigsproei wat vitamiene en antioksidante bevat.
  • Jou lippe is baie delikaat en dit is dus belangrik dat jy jou lipsalf byderhand hou en ook gereeld ’n goeie afskilfermiddel gebruik.
  • Troetel jou vel en pas dit op!

Lees ook: Serum teenoor vogroom – wat jy moet weet

Lees ook: 6 dinge wat jy van sonskerm moet weet

Lees ook: Laat jou grimering langer hou

Lee ook: Versorg jou lippe só

Lees ook: Die beste velsorg-olies vir jou

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.