kategorieë: GrimeringSkoonheid

Laat jou grimering langer hou

Vyf wenke wat sal help dat jou grimering langer hou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Gebruik ’n voorbereidingslagie (primer)

“’n Voorbereidingslagie gee jou onderlaag iets om aan vas te klou,” sê Lucoh Mhlongo, Elizabeth Arden se bekende grimeerkunstenaar. Trevor Rothwell, Dior se nasionale grimeerkunstenaar, sê ’n voorbereidingslagie help ook dat jou onderlaag nie van kleur verander nie, veral vir vroue met ’n olierige of kombinasievel. Dit help ook om jou vel se kleur te korrigeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kies die volgende kleure vir die volgende probleme:

• Rooiheid: kies ’n groenkleureige voorbereidingslagie
• Donker kringe onder jou oë met ’n ligte vel: kies geel
• Donker kolle en verkleuring: kies appelkoos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Smeer eers jou vogroom aan, en dan ’n voorbereidingslagie oor jou hele gesig (ook oor jou ooglede).

2. Kies ’n onderlaag wat lank hou

“Kies een wat weerstand bied. As dit SPF-beskerming ook bevat, sal dit beter beskerming teen die son bied,” sê Lucoh.

3. Werk sagkens

“Moenie rof werk as jy jou grimering deur die loop van die dag heraanwend nie, anders sal jy jou grimering en onderlaag verwyder. Gebruik ’n ligte sneesdoekie en klad liggies op jou gesig om olie en sweet te verwyder, en wend ’n ligte lagie gepersde poeier aan,” sê Lukoh.

4. Sproei jou gesig

“’n Gesigsproei is perfek vir ’n warm somersdag. Dit hou jou koel, hidreer jou vel en gee jou vel ’n mooi glans. Hou die botteljie omtrent 15 cm weg van jou gesig wanneer jy dit aanwend,” sê Lukoh.

5. Bly koel

“Drink koue water om jou liggaam af te koel en te hidreer, en bly so veel as moontlik in die skaduwee. Dra ligte kleure, ’n hoed en sonbrille,” sê Lukoh.

Lees ook: Bevogtig jou somervel

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff
Tags: beauty

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.