kategorieë: DekorLeefstyl

Blindings en hortjies

Deur: Elandrè Swart. Hooffoto: patrickoberem/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Beheerde lig

Dit is moeilik om die hoeveelheid lig te beheer wat deurkom as jy net gordyne het, maar met ligfiltreringsblindings kan jy steeds sonlig laat inkom sonder dat dit die vertrek te warm maak, of om  privaatheid in te boet. Hierdie soort blindings is perfek vir vertrekke wat baie warm word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verdonkerde blindings

Verdonkerde blindings is perfek vir die slaapkamer en om seker te maak die son maak jou nie te vroeg wakker nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Operasionele hortjies

Operasionele hortjies laat lig deur as jy die hortjie draai, en jy kan die hoeveelheid lig wat inkom en privaatheid beheer. Met rollerblindings, wat net een soliede blinding is, kan jy sien wat buite aangaan, maar jy kan nie van buite af binne toe sien nie.

Insulasie

Dit is wonderlik wat eenvoudige vensterbehandelings kan doen om jou huis se isolasie te verbeter en energiekoste te verminder. Tot 25% van jou huis se verwarming- of verkoelingkoste kan aan energieverlies deur jou vensters toegeskryf word.

Sellulêre blindings bied die beste isolasie. Die lang, oop kanale vang lug by die vensters en isoleer die vertrek teen die warm somerhitte of koue winterlug.

Draperingblindings of rollerblindings wat geen operasionele hortjies het nie, is die beste vir  verdonkering en privaatheid in badkamers.

Voordele van blindings en hortjies teenoor gordyne

  • Blindings skep die gevoel van meer ruimte in kleiner vertrekke.
  • Blindings gee jou meer beheer oor die hoeveelheid lig wat die vertrek binnekom.
  • Blindings bied meer privaatheid as gordyne.
  • Blindings is makliker om skoon te maak en die meeste blindings kan met ’n klam lap afgevee word.
  • Sommige hortjies kan ook as diefwering dien.
Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.