Genoeg vir 4
Meng 250 ml (1 k) meel
125 ml (½ k) mielieblom
30 ml (2 e) bakpoeier en 5 ml (1 t) sout in ’n mengbak.
Gooi 250 ml (1 k) sodawater by en roer tot glad. Laat rus vir 30 min.
Sny 2-3 uie in 1 cm-skywe. Skud die uieringe in ’n bietjie meel en doop in die beslag. Diepbraai in warm olie tot goud.
Meng 125 ml (½ k) goeie mayonnaise, 2 gerasperde knoffelhuisies en skil van een suurlemoen. Sit die aïoli saam met die warm uieringe voor.