kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Boekresensie: Black Queen White King Checkmate

As ’n paartjie bestaande uit ’n swart vrou en ’n wit man deel vorm van jou vriende- of familiekring, sal Black Queen White King Check Mate jou interesseer – veral as hulle dit oorweeg om te trou. Op die oog af mag dit na ’n relatief eenvoudige situasie lyk, maar wanneer jy dieper delf na die kulturele wortels van benaderings en gebruike, besef jy dat dit mense se optrede en waardes ingrypend kan beïnvloed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die vraag is: Watter aanpassings en opofferings moet so ’n paartjie maak? En, die belangrikste: gaan die liefde uiteindelik oorwin?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In dié kort en kragtige boek skryf William O’Dowda (’n skuilnaam sover ek kon aflei), outobiografies oor sy ervaring nadat hy, ’n ouer wit man, verlief geraak het op ’n jonger swart vrou wat hy by ’n kitskosrestaurant ontmoet het. Hy wou met haar trou en het die moeisame Lobola-pad met moeite gevolg, maar … Lees self verder as jy nuuskierig is.

Temas soos rassisme, vreemdelinghaat, stamgesag (tribal authority) en geslagsregte (gender rights) word ondersoek in die verhouding tussen die “black queen” en “white king” sowel as in die breër Suid-Afrikaanse konteks. Die verhaal kry ’n ekstra dimensie wanneer die tema van alkoholmisbruik na vore kom. Die boek fokus nie soseer op die romantiese verhouding nie, maar op die manier waarop dit ontvou het onder die invloed van die temas hierbo.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

William O’Dowda skryf soms prakties en op die man af en ander kere weer filosofies, maar hy raak nooit sentimenteel nie. Die leser word selde ’n kykie in sy hartkamers gegun. Sy navorsing en weldeurdagte insigte rakende dié komplekse sosiale situasie deel hy egter vryelik.

Gaan die liefde uiteindelik oorwin?

Aan die einde sal jy waarskynlik ook nie seker wees wat presies gebeur het of nog kan gebeur nie. En as jy ’n slim ingewing kry, deel dit gerus hieronder met ons!

Uitgewersprys: R150

Meer inligting by www.carolinekonstant.co.za

Beskikbaar in Engels en siSwati.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

13 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.