Ná talle kinkels en mooi liefdesverhale wat die pas afgelope seisoen van Boer soek ’n vrou opgelewer het, maak Kupido weer gereed om sy eerste pyle in die 18de seisoen van dié gewilde kykNET-maatsoekreeks af te vuur.
Die boere, tussen 26 en 43 jaar oud, kom van oor ses provinsies — met die Vrystaat wat die voortou neem, en Noordwes wat hierdie jaar deur ’n vroueboer verteenwoordig word.
Die splinternuwe seisoen word van Augustus 2026 op kykNET uitgesaai, wanneer kykers weer die boere se liefdesreise sal volg. Soos altyd, sal die vyf boere wat die meeste briewe ontvang, die hoofstorie vorm.
Ontmoet Boer Luan (25), ‘n skaapboer van Strydenburg (Noord-Kaap)

Huistaal: Afrikaans
Hoogste akademiese kwalifikasie: Graad in Landbou, Ekonomie en Risikobestuur
Huwelikstatus: Ongetroud, geen kinders
Belangstellings: Diere en sport
Hoekom het jy ingeskryf vir Boer soek ’n vrou?
Ek het ingeskryf vir die reeks, want ek is geestelik en emosioneel gereed om iemand te ontmoet saam met wie ek ’n toekoms kan begin.

Watter eienskappe soek jy in jou ideale pasmaat?
Ek soek ’n vrou wat lief is vir die Here en weet waar haar krag vandaan kom. Iemand wat lag en lewe. Sy moet my kan ondersteun soos wat ek ook vir haar sal doen. Sy moet ook by die Karoo kan aanpas.
Hoe sal jy jouself beskryf?
Ek is ’n kind van die Here, hardwerkend en iemand wat nie wil stagneer in my bestaan nie. My familie en vriende is vir my baie belangrik. Boerdery en diere is my daaglikse stokperdjie, asook my beroep.
Ek doen ook graag sport. In hierdie stadium oefen ek vir die halwe Iron Man-kompetisie.

Wat is die belangrikste les/lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?
Om mekaar te vertrou.

Sien jy jouself as romanties?
Nee, maar ek kort net ’n bietjie hulp daarmee.
KYK | Ontmoet Boer Luan

As jy vir een van die boere wil skryf:
- Besoek www.kyknet.tv
- Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
- Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com
- Stuur ’n brief of pakkie na Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130
- Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
- Voornemende pasmaats kan tot middernag 4 Desember 2025 vir die boere skryf
Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se November-uitgawe móét lees!
