kategorieë: Fiksheid

Boetiekwedren vir die hele gesin

Die croc2croc-marathon vind tussen 27 en 29 Mei by die Verlorenkloof-landgoed in Lydenburg (2,5 uur van Pretoria en Johannesburg) plaas en maak voorsiening vir geharde ryers wat 215 km oor die drie dae wil ry sowel as vir minder fikses met twee korter roetes: Mild Croc: 161 km en Cruise Croc 100 km waarvan die laaste een geskik is vir kinders onder 18 en die minder fikse geliefdes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die ander groot bonus is dat daar nie ’n tentflap of -pen in sig is nie. Deelnemers en hul ondersteuners bly in heerlike weelderige “croft”-eenhede en lê weg aan uithaler kos. Die roetes is sirkelroetes waar jy  elke aand in dieselfde snoesige bed slaap. En as fietsry nie vir jou is nie, kan jy visvang, stap of lees. Die omliggende omgewing is prentjiemooi en sal ryers sowel as ondersteuners bekoor. Daar is goedkoper pakkette vir ondersteuners.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die wedren  kan 200 deelnemers akkommodeer as solo-inskrywings of spanne van twee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is iets vir almal – handgeboude bergfietspaaie, “single track”, “jeep track”, plaaspaaie en koeipaadjies. En dis oor berge en dale en deur riviere. Kies uit drie afstande: Cruise Croc wat geen tegniese vaardigheid vereis nie, die Mild Croc wat ’n matige vlak van fiksheid vereis en die Wild Croc wat jou bloed gaan laat sweet en klippe kou.

As daar vraagtekens hang oor jou fiksheid en jy nie tyd het om deur die week te oefen nie, sluit by ’n gimnasium aan en woon “spinning” klasse by of watt bike-klasse by Watt lab, Bryanston of Cadence Cycling Performance Centre. Sluit by ’n fietsryklub in jou omgewing aan en gaan ry oor die naweek. So leer jy sommer ’n klomp mense ken en dis veilig om in ’n groep te ry. En daar is altyd gewilliges wat weet hoe om halstarrige fietse reg te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Besoek www.verlorenkloof.co.za vir meer besonderhede en inskrywings.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.