kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 19

Vry oor die vlaktes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As Liesl uiteindelik in ’n diep slaap verval, droom sy sy dans weer oor die mat in ’n waas van pille en wyn, die Medusa op haar skilderdoek se hare groei weer in vertakkings deur haar studio. Een van die takke verstrengel om haar lyf en druk haar teen die vloer vas. Voor haar is ’n swart figuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit beweeg. Sy sien ’n rooi kol naby haar gesig. Haar oë knip om te fokus in die dofheid. Dan verander die rooi kol in ’n groot laggende mond. Agter die mond is ’n swart masker. Sy probeer na die masker gryp, maar die vertakkings van Medusa se hare hou haar vas. Sy wil skree, maar haar mond is onwillig om oop te gaan. Asof die swart figuur haar behoefte aanvoel, dwing lang rooi naels haar tande en lippe oop. Soet vloeistof spoel in haar mond. Haar hande gryp desperaat na die masker. Sy vat dit vas en ruk daaraan. Die takke van Medusa hou haar vas …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Liesl skrik natgesweet wakker. Sy hyg na haar asem. Haar lyf bewe.

Die droom was so werklik. So bekend. Soos een van daardie drome wat weer en weer terugkom en terwyl jy droom, weet jy jy het dit al gedroom. Maar sy kan nie onthou dat sy al ooit so ’n droom gehad het nie. Die sielkundige in die hospitaal het haar aangemoedig om haar dome neer te skryf, maar toe het haar onderbewussyn nie saamgespeel nie. Sy kon nie een oggend ’n droom onthou nie. Daar was net die vreeslike moegheid soggens. Asof sy die hele nag deur met nagmerries gestoei het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy wens sy kon iemand bel om die angstige droom te bespreek, maar dit is skaars vieruur die oggend. Die beker met die soet kamilletee en kruiepil laat haar bewende lyf effens bedaar.

In ’n fetusposisie onder die duvet probeer sy die gebeure van die afgelope paar weke uitpluis. Dis asof haar lewe in ’n dwarrelwind beland het en heeltemal buite beheer tol.

Uiteindelik oorval ’n rustige slaap haar … tot haar selfoon begin lui.

Dis Herman.

Jeez jong, dis al elfuur! Slaap jy nog?”

Die lag in sy stem keer haar om knorrig te wees.

“Ek het dringend jou hulp nodig. Dit sal sommer ook jou aandag aflei met die ding van Konrad.”

“Harry, jy en Emily skinder te veel.”

“Nie skinder nie Liesl, omgee. Onthou ons is pelle? Gaan neem ’n stort, ek kom haal jou oor ’n uur.”

Terwyl louwarm water en seep oor haar spoel, besef sy sy het nooit gevra wat die guns is wat Harry wil hê sy moet doen nie. Hy is reg, die afgelope weke was hy vir haar ’n ware vriend en al is sy net lus om onder haar duvet weg te kruip vir die lewe, weet sy dit sal haar goed doen om tyd in Harry se geselskap deur te bring. Hy het ’n kalmte om hom. ’n Goeie aura, sê Emily.

Maks se baldadige blaf-tjank-geluide verraai Harry se aankoms. Die groot lyf wriemel van plesier.

Yes Yes girl, hoop jy is lus vir rondry. ’n Boer op Wilgenshoek het ’n moeilike perd wat ek al maande behandel en ek het iemand nodig om my geselskap te hou op die lang pad.

Liesl het geen energie om beswaar te maak nie. Herman neem haar ferm aan die hand en help haar in sy Landrover in. Hy gesels vrolik oor die renosterprojek en hulle is skaars uit die stad of hy maak ’n outydse koekblik oop. Tamatietoebroodjies, frikadelle, gaar wors, biltong en gekookte eiers is netjies in waspoapier verpak. Genoeg kos vir ’n honger gesin van tien! Die ou bekende reuk van padkos neem haar terug na tye toe sy en haar ma die lang pad see toe alleen gepak het.

Harry beduie met ’n eierbroodjie in die hand na die paneelkissie. “Haal bietjie vir ons musiek uit!”

Die versameling musiek in die paneelkissie strook glad nie met die man wat perfekte Bach uit ’n vleuelklavier kan voortbring nie.

“Boeremusiek! Leon Schuster se Hier kom die bokke! O my aarde, en … Harry, is jy seker dis jou musiek?”

Harry maak asof sy hom diep seermaak.

“Wat bedoel jy? Dis my sielsmusiek! Ek is ’n plaasseun, onthou. Ek het op Boeremusiek leer vry.

Vrydagaande in my pa se skuur het die mooiste girls van die distrik kom dans. En, ek kan nogal goed skoffel hoor! Ek het menige muurblommetjie se go uitgedans. Hmmm en die gevry agter die damwal. Dit was die beste. Daar het ek die feite van die lewe leer ken.”

Liesl lig laggend haar hande op om te keer dat hy oor die damwal-eskapades uitwei.

“Stop! Stop! Te veel detail!”

“Nou hoe het jy dan leer vry? Kom kom, uit daarmee!”

Hulle lag en gesels kilometer vir kilometer op die maat van Boeremusiek. Herman verorber die helfte van die koekblik en beduie gereeld as hy nog kondensmelk-koffie uit die fles benodig.

By die plaas laat hy haar onder ’n koelteboom sit terwyl hy met die getraumatiseerde perd werk.

Die perd was saam met sy teler op pad na ’n skou toe ’n vragmotor voor hulle ingery het. Die perd is nie in die botsing beseer nie, maar is sedertdien onbeheerbaar.

Liesl sien hoe sag Herman met die dier werk. Die kameelkleurige saalperd is eers senuagtig, maar sy herken blykbaar Herman se stem. Dit neem meer as ’n uur se paai voor sy toelaat dat Herman aan haar raak.

Die rustige toneel in die perdekamp spoel soos ’n genesende tonikum oor Liesl se ontstelde gemoed. Sy vergeet van Konrad en die nagmerrie. Haar aandag is by Savanna en Herman. Die perd luister aandagtig na die groot man se sagte stem. Dan laat sy hom toe om haar aan ’n leiband rond te lei.

Liesl is spyt as Savanna uiteindelik teruggelei word stalle toe.

“Sy is ’n sensitiewe dier,” sê Harry as hy langs haar op die bankie kom sit.

“Jy is ’n veelsydige man, dr Harry. Ek het nie geweet jy is ’n horse whisperer ook nie.”

“Ai, as ek maar soos Robert Redford gelyk het! Die werklikheid is ongelukkig nie so romanties nie. Alle volbloed plaaskinders wat lief is vir diere kan met hulle kommunikeer, Liesl. Dit het my al baie in my loopbaan gehelp.”

“Dink jy daar is hoop vir Savanna, Harry?”

“Ek wens die lewe was soos in die moewies. Ek weet nie of Savanna gaan regkom nie. Tyd sal leer.”

Liesl stap deur die stalle terwyl Herman en die boer gesels. Die spogperde loer met groot oë na haar. Sy vryf selfs versigtig oor ’n paar fluweelneuse.

In die Landrover haal Harry ’n pakkie CD’s onder sy sitplek uit.

“Lekker chill musiek. Jy is genoeg gemartel op pad hierheen… Ons is genoeg gemartel!” Dan skater hy en beken dit is Roxy se musiek in die paneelkissie.

“Roxy! Boeremusiek? Ek glo dit nie!”

“Ja, Roxette is ’n gekompliseerde mensie. Haar ouers boer op die plaas langs myne. Ek het haar onder my vlerk geneem toe sy die pad effe duister geraak het in die stad. Ek is baie lief vir daardie meisie. Onder die wilde voorkoms sit ’n sagte wese.”

By die huis is Maks byna blyer om Harry te sien as vir haar.

“Kan ek vir jou iets maak om tee eet, Harry? Ek is bevrees jy kan kies tussen roereiers en roosterbrood en gebakte eiers en roosterbrood.”

“Ek verkies my eiers medium, sunny side up!”

“Sal jy vir ons die sap skink? Ek is mos heeltemal van wyn en brandewyn af.”

Harry gooi die lemoensap in wynglase en hou een met groot flair na haar uit.

Cheers ou girl, op vriendskap!”

Lank na ete sit hulle stil op haar stoep en kyk hoe Maks die laaste paar struike in Konrad se spogtuin vernietig.

“Ek dink dit tyd dat jy jou pasiënt dissipline aanleer.”

“Los hom vir eers Liesl, partykeer moet mens ’n probleem eers los om te stabiliseer voor jy dit aanpak.”

Hy buig vooroor en woel met sy groot hand oor haar kort krulkop.

“Ek is nie goed met mense nie, Liesl, maar diere het my geleer dat daar nie vinnige oplossings is nie.”

“As ek ’n dier was, watter raad sou jy my gee? As horse whisperer?”

Die groen oë vonkel onnutsig.

“Vir ’n wilde merrie soos jy? Ek sou jou eers kans gegee het om weer wild oor die vlaktes te gallop. Om weer vry te wees en jouself te wees.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.