kategorieë: Wenke

Hoe werk Mikrodermabrasie?

Vraag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat is mikrodermabrasie? Hoe werk dit? Is dit meer doeltreffend as ’n suurbehandeling by ’n salon? Watter een is die beste vir jou vel? – Katrien van Dyk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Antwoord

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In ’n mikrodermabrasie-behandeling word daar fyn kristalpoeier op die gesig geblaas om van die ou keratienosites ontslae te raak sodat jou gesig weer fyn, vars en rooskleurig kan lyk. Dit is meer bekostigbaar en nie so indringend nie – die vel het ná die behandeling geen hersteltyd nodig nie. Indien jy die tekstuur van jou vel wil verbeter, is die indringender vrugtesuurbehandelings ’n beter opsie. Die vrugtesuur werk dieper in die vel sodat die tekstuur gladder en die kleur egaliger word en fyn lyntjies sagter op die oog is. In sommige gevalle kan jou vel ná die behandeling rooi en geswel wees. Sommige diep-suurbehandelings kan selfs die gesig laat vervel wat ’n gladder, jonger gelaat meebring.

*Isabel Roos uitvoerende direkteur van die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch en Pretoria.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.