kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 44

Die tango

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Liesl neem swaar afskeid van Dewald en Etna. Hulle eet vir oulaas saam in ’n knus eetplekkie in Lima en ’n paar borde pisco sours en ceviche later het hulle beloftes gemaak om die vriendskap in Suid-Afrika voort te sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die reisagent het vir Liesl ’n uitgebreide bustoer van Lima na Buenos Aires beplan. Dit sluit haar voorgenome besoek aan die Nazca Lyne en die wit stad Arequipa in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy raak meegevoer met die mengsel van Inka en Spaanse kultuur en wens in sommige dorpies sy kan langer vertoef. Maar haar gewete oor Ludwig en Erna keer haar. Sy besef haar kinders gaan ook deur ’n moeilike tyd na Konrad se dood en dit sal selfsugtig wees om langer te bly as wat sy beplan het.

Haar asosiale gedrag die eerste ruk op die Inka-roete het haar ’n les geleer en tydens die bustoer maak sy vinnig vriende onder haar toergenote. Sy is trouens ’n voorbok as dit by pret en laatnagte se kuier kom. Dit, weet sy nou, is die beste manier om te vergeet van die bagasie wat jy in jou hart saamdra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy smee hegte bande met ’n groep Kanadese vroue wat min of meer in dieselfde lewensfase as sy is. Of geskei, of die hartsake lyk nie te goed nie.

Jeanne is ’n rekenmeester en is pas deur haar tweede egskeiding. Sy is beslis op soek na huwelik nommer drie, verkondig sy luidkeels aan elke hubare man wat sy ontmoet. Louise, ’n onderwyseres, het na haar eerste egskeiding besluit saambly is die beste opsie vir haar en sy het al drie huismaats agter die blad en is beslis oop vir oortuiging om nommer vier te laat intrek. Irene is pas geskei van ’n man wat ’n rits affairs gehad het. Sy verseker almal wat wil luister dat sy klaar is met mans, maar loer saam met Liesl en haar vriendinne na die mooie manne wat hulle raakloop.

Liesl het die eerste dag al besluit om nie haar ellendes voor vreemdes op te rakel nie want dit is juis waarvan sy probeer wegkom. Maar na die tweede aand se Argentynse wyne het sy die groep aan haar lippe met die wipplank wat haar lewe die afgelope maande gery het.

“Jissie, verklaar Jeanne die volgende oggend grootoog met ontbyt. Jou storie is byna te erg om te glo. Ek moet beken, ek het die Dubai-drama gisteraand op Google nageslaan en sjoe, jy is beroemd, suster!”

As ’n groep skinder hulle van mans, kwyl saam oor van die Argentynse mans en lag tot ounag oor hulle interessante liefdeslewes.

Emily en die kinders ontvang foto’s van die drywende eilande van die Titicaca-meer en die soutpanne en talle van al die interessante mense in elke klein nedersetting en dorp.

Liesl probeer nie te veel kuierfoto’s stuur nie ingeval haar kinders bekommerd raak dat hulle ma dalk die pad byster is.

“Ek ly al aan vleisvergiftiging,” is een van haar opdaterings op Facebook waarmee sy die vleisbelustige Ludwig jaloers wil maak oor die talle Argentynse braaisessies wat hulle bywoon.
Sy skets die een boek na die ander vol met landskappe en argitektuur en stap kilometres ver saam met haar nuwe vriendinne om die dorpies te verken.

“Em, ek drink die lewe en sonskyn in. Ek lag dat my maag pyn. Ek het vergeet hoe lekker dit is om jou so uitasem te lag! Elke plek wat ons aandoen, voel vir my soos ’n hartsplekkie. Die mense omarm my met soveel spontane warmte! Ek wil nie terugkom nie!”

Teen die einde van die bustoer huil Liesl haar oë bloedrooi toe sy haar Kanadese susters moet groet. Sy skets ’n karikatuur van elkeen as afskeidsgeskenk en laat hulle die eed van die nuwe susterskap aflê waarin hulle belowe hulle sal in Suid-Afrika kom kuier.

“Natuurlik gaan ek kom, as jy daardie hunk van ’n veearts deur jou vingers laat glip, sal ek hom oorneem,” waarsku Louise.

Die laaste been van haar Argentynse kuier vul Liesl byna met hartseer. Sy wil elke oomblik van elke dag geniet en dit aan veral teater, musiek en dans wy.

Voor sy by haar hotel in Buenos Aires inboek, draf sy by ’n musiekwinkel in en vra die tipiese toeriste-vraag: “Ek wil tango-musiek koop.”

“Daar is baie soorte,” kondig die mislike Argentynse tiener agter die toonbank aan. Liesl is waarskynlik die honderdste toeris wat die vraag vir die Argentynse weergawe van ’n emo vra.

Liesl vererg haar, stap tot teenaan die toonbank en gee die swartkop-kind haar grootste skitter-glimlag. Sy haal haar tablet uit, maak Google translate oop, en tik in: “I was sent by your boss to test your attitude. It seems you do not like your job?”

Google spoeg ’n antwoord uit en Liesl draai die tablet met ’n grynslag na die tiener:
“Fui enviado por su jefe para poner a prueba su actitud. Parece que no le gusta su trabajo?”

Die kind ruk dadelik die oorfone uit haar ore en neem Liesl na die naaste rak waar sy verskeie CD’s in haar vriendelikste Engels aanbeveel.

Liesl voel nie in die minste gemeen nie en vier haar klein oorwinning deur drie CD’s te koop.

Haar hotelletjie is in die hart van Buenos Aires en naby verskeie tango-skole, kafees, restaurante en teaters. ’n Toeriste-hemel.

Net die volgende dag, neem sy haar voor, gaan sy haar vir tangolesse inskryf. En, hopelik is die intrukteur ’n smeulende man wat haar voete letterlik en figuurlik onder haar sal uitslaan!

Die klein restaurantjie in die hotel weet beslis wat ’n toeris se hart begeer en speel strelende tango’s terwyl Liesl weglê aan die kase en vleise op haar bord Picada. Sy skaam haar nie eens oor die bottel Chakana Malbec te vining sak nie. Die smaak van pruime en kersies is net wat sy op haar tong wil hê terwyl die musiek haar gemoed streel.

Vroegoggend loop sy haar voete deur om die stad te verken en om presies vieruur die middag meld sy haar aan vir haar eerste tango-les.

Augostin ruik na spesery-agtige naskeermiddel en sy hare is blinkglad agteroor gekam. Sy snor is effe te welig en Liesl probeer die ewe gul neus- en oorhare ignoreer.

Sy verlustig haar aan die atmosfeer van die outentieke milonga. Daar is talle toeriste wat ook in die arms van Augostin en Zanto, sy vennoot, die polsende tango wil ervaar.

Augostin is nie juis die soort man waarmee sy passievolle nagte wil beleef nie, maar in haar verbeelding is sy in die arms van ’n Clark Gable-kloon en speel sy die rol van ’n onweerstaanbare godin in ’n romanza-boekie.

Sy voel gemaklik in Augostin se arms. Hy gee uitstekend rigting en binne minute voel sy hoe die dans haar wegvoer. Sy maak haar oë toe en wag vir haar sintuie om haar op ’n reis te neem …

Maar voor sy haar kan kry, ruik sy hooibale en stof en sweef sy in die arms van ’n man in kakieklere oor ’n skuur se vloer …

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.