Botterskorsie-gnocchi met bruin-salie-en-dennepit-botter
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 kg botterskorsie, in blokkies gesny, koop dit sommer klaar gesny
- 30 g botter (2 e)
- 175 g koekmeel
- 1 eiergeel, liggies geklits
- sout en gemaalde swartpeper
- gerasperde neutmuskaat
- 50 g gerasperde parmesaankaas
- 100 g botter
- 30 ml (2 e) salie- of oregoblare
- 100 g (1 pakkie) dennepitte
- 125 ml (½ k) crème fraîche
- ekstra parmesaankrulle vir garnering
- Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Instructions
- Rooster die botterskorsie vir ±40 min. tot sag op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
- Druk die skorsie fyn tot dit soos ’n puree lyk. Verhit die botterskorsie en 30 g botter vir ±8 min. in ’n middelslagkastrol oor lae hitte. Die mengsel moet dik en “droog” wees. Laat afkoel.
- Sif die meel in ’n groot mengbak, voeg die botterskorsie en eiergeel by. Geur met sout, peper, neutmuskaat en parmesaan. Meng goed om ’n sagte deeg te vorm.
- Verdeel die deeg in 4. Rol elke stuk op ’n meelbestrooide werkvlak uit en vorm ’n worsie, sowat 1,5 cm dik. Sny elke worsie met ’n skerp mes in 2,5 cm-stukke. Hou in die yskas tot benodig.
- Kook die gnocchi vir 2-3 min. in borrelende kookwater Kook vir nog ’n minuut sodra dit op die oppervlak dryf. Verwyder met ’n gaatjieslepel.
- Verhit intussen die botter vir ±3-4 min. in ’n kastrolletjie oor lae hitte tot dit net begin verkleur. Voeg die salie en dennepitte by en kook vir nog 30 sek.
- Verdeel die gnocchi tussen 4 bakkies en skep die botter oor die gnocchi. Sit met ’n skeppie crème fraîche en parmesaankrulle voor.
Vickie de Beer
Lees Meer
Tradisionele melktert
20/09/2024
Jan Braai se Mieliepaptert
20/09/2024
Spek-en-kaas-braairolletjies
19/09/2024