kategorieë: Ons menseBekendes

Brawe bekendes oorwin vrese in VIA TV se ‘Die Uitdaging’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die onverskrokke reis- en leefstylinhoudskepper Iana Strydom (wat onlangs aan kykNET se werklikheidsreeks Die Brug deelgeneem het) daag in tien episodes, tien van Suid-Afrika se mees geliefde bekendes uit om tien adrenalienbelaaide buitelugaktiwiteite aan te durf. Schalk Bezuidenhout gaan ’n reksprong doen, Leah moet oor die klowe van die Grabouw-berge zipline, Hykie Berg spring uit ’n vliegtuig uit, Refentse jaag om ’n renbaan, en meer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie is Iana se tweede keer as TV-aanbieder. Sy het in 2022 Spoor Stories, ’n reisprogram wat op die Kaapstadse spoornetwerk afgespeel het, op SABC2 aangebied.

“Ek het onmiddellik besef dat dit iets is wat ek meer wil doen. Soos ek meer aan die TV-wêreld blootgestel was, het Die Uitdaging se konsep in my kop rondgemaal, maar ek het dit ’n jaar lank nie met iemand gedeel nie. Toe ek aan die begin van 2023 die idee met my vriendin Charlize Herman (mede-eienaar van Ten Seconds-produksiehuis) gedeel het, het hulle ingestem om die program te vervaardig. Die projek was absoluut ’n spanpoging!”

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met avonturier en inhoudskepper Iana Strydom

Volgens Iana was die inspirasie agter die maak van die program om Suid-Afrikaners se lus vir avontuur aan te wakker en met behulp van ’n paar brawe bekendes, kykers te inspireer om hul eie uitdagings aan te pak, grense te verskuif en vrese te oorkom.

“Ons almal het drome en ’n lysie van alles wat ons graag eendag wil voltooi. Die Uitdaging steek weer daardie vlam van inspirasie aan en motiveer kykers om buite hul gemaksone te tree en nie toe te laat dat vrees jou terughou nie,” sê sy.

Iana vertel dat die valskermspring en die reksprong vir haar die grootste uitdagings was. Sy beskou veral die Bloukransbrug-reksprong saam met Schalk Bezuidenhoudt as onvergeetlik – vir verskeie redes.

“Ek wil nie te veel verklap en die episode spoil nie, maar maak seker julle skakel in. Ek het so gelag dat ek amper my broek nat gemaak het!”

“Op ’n dieper vlak was die grootste uitdaging wat ek al in die gesig gestaar het om myself te aanvaar vir wie ek is,” vertel sy.

“Ek dink ’n klomp vroue het al so gevoel. Ek was op ’n tyd baie krities op my voorkoms en hiperbewus van my gewig – tot op ’n punt wat dit ongesond was. Met die genade van Bo en my ma se ondersteuning het ek drastiese veranderinge gemaak om ’n gesonder leefstyl te handhaaf.”

Bekendes vertel

Die program is nie net ’n bron van vermaak nie, maar ook ’n verkenning van veerkragtigheid, vasberadenheid en die pad wat bekendes al gestap het. Elke bekende vertel ook meer oor die persoonlike uitdagings wat hulle al moes oorwin.

“Ek hoop hierdie inhoud leef vir altyd voort sodat ek my dogter kan wys dat ek dit gedoen het. Ek wil hê sy moet ’n dapper lewe lei, ek wil hê sy moet risiko’s neem. Die lewe het my geleer jy moet jou vrese in die gesig staar,” vertel die akteur Hykie Berg in die eerste episode van die reeks wanneer hy openhartig oor verslawing en sy broer se onlangse heengaan praat.

“Ja, ek is bang vir dinge, maar ek doen dit in elk geval. Jy maak nie herinneringe terwyl jy op die rusbank sit en TV kyk nie,” sê Francois van Coke, oomblikke voordat hy ’n massiewe haai in die Gansbaai-waters in die gesig staar.

“Ek kan ’n groter impak met my musiek maak as wat ek ooit as die president van Suid-Afrika kon maak,” sê sanger Refentse met ’n groot glimlag terwyl hy kykers vertel van sy kindertyddroom om president te word. “Musiek bring mense bymekaar, dit verenig. Ek was nog altyd op die grens van tale en kulture, en dit was my uiteindelike uitdaging en eer,” sê hy terwyl hy oor sy ervaring as ’n swart, Afrikaanse sanger van Vereeniging gesels.

“Ons is opgewonde om die program aan ons gehoor bekend te stel,” sê Azelia Morkel, VIA TV se kanaalhoof. “Hierdie program is ’n unieke samesmelting van avontuur, reis en vermaak. Dit toets alles wat ek bang is om te doen, maar graag na wil kyk!”

KYK: Die Uitdaging se lokprent

Die reeks wys vanaf Donderdag, 11 Januarie om 20:30 op VIA TV (Dstv-kanaal 147)

Deur Karlien Meiring

Lees ook: Blink, bont en besonders by die 81ste Golden Globes

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

2 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

7 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.