kategorieë: ReisOntspanning

Breek weg na Witsand

Die Breedezicht-uitbreiding het in 2008 begin – 60% van fase 1 het reeds uitverkoop en 13 huise is suksesvol voltooi. Wanneer jy jou plot uitsoek, kan jy kies tussen vyf verskillende boustyle. Hierdie style is geskep om aan te sluit by die dorp se karakter. Hugo La Grange is die projekbestuurder en glo dat hierdie uitbreiding die perfekte plek is vir mense om weg te breek van die lawaai van die stad. Dit is nie te naby nie, maar ook nie te ver nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Al is die dorpie buiteseisoen klein en stil, is daar heerlike goed om te doen. Vir iemand wat hou van ’n verskeidenheid plant- en voëlspesies, is hierdie area nommerpas. Daar is meer as 260 voëlsoorte! Die Breederivier word gekenmerk deur die oplewering van vis en Witsand staan bekend as ’n ou vissersdorpie. Dis een van die top tien beste plekke in Suid-Afrika om kite surfing te beoefen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het vir ’n naweek daar gaan kuier en in een van die huise reg voor op die eiendom gebly. Daar was ’n pragtige uitsig op die see – tyd vir stil word en dink. Met die warm weer in die Kaap was dit verfrissend om ’n bietjie af te koel. Dit was ’n koelerige naweek, maar met die kaggel sowel as die binnenshuise braai het die vuur bly brand, en die uitsig oor die Breederivier en die see was oorgenoeg.

Saterdagoggend het ons ’n bootrit geneem saam met Mike, ’n bekende gesig op Witsand. Hy neem gaste uit en vertel hulle meer van die dorp en sy geskiedenis. Hy is ’n vriendelike mens met baie wysheid. Dit was ’n opwindende rit!

Wat jy nodig het vir ’n naweek in Witsand, en spesifiek op die Breedezicht-eiendom, hang af van jou tipe verblyf. Vra die eienaar wat jy moet saamneem.

’n Paar goedjies wat handig te pas sal kom:

  • Verkyker
  • Blitz
  • Boek
  • Kaarte / bordspeletjies
  • Warm klere vir die winter
  • Hout – maak seker daar is hout in jou huisie
  • Alle vars eetgoed kan in Swellendam aangekoop word – vrugte, slaaigoed, vleis, brood, melk, ens.

By die hawe is daar ’n restaurant wat heeldag oop is, indien jy vir aandete wil uitgaan.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.