Cappuccino-kolwyntjies
Ingredients
- Ons het dié oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop.
- 12 sjokoladekolwyntjies
- 125 ml(½ k) koffielikeurstroop
- 1 k (250 ml) basiese botterversiersel
- 5 ml vanieljegeursel
- 15 ml goeie kitskoffiepoeier
- 15 ml koffielikeur (Kahlua)
Instructions
1 Los die koffiepoeier in die vanieljegeursel en likeur op en roer goed deur die botterversiersel.
2 Spuit die botterversiersel met ’n spuitsak met die sterpunttuit op die kolwyntjies sodat dit soos cappuccino-skuim lyk.
3 Druk ’n dun sjokoladeskyfie in elkeen.
Sjokoladekolwyntjies
Voeg 100 g donkersjokolade, ruweg gekap, en 125 ml (½ k) kakaopoeier, gesif by.
Koffielikeurstroop
1 Meng 30 ml (2 e) Bailey’s koffielikeur met 125 ml (½ k) basiese vanieljestroop.
2 Verhit weer tot deurwarm en verf oor die sjokoladekolwyntjies.
Rooi Rose
Lees Meer
Suurlemoen-en-klapper-skywe
16/04/2024
Amandel-en-lemoen-koekies
16/04/2024
Papawersaad-en-suurlemoen-koek
16/04/2024