Voorverhit die oond tot 170 °C. 1 Sif die koekmeel, sout, suiker en bakpoeier in ’n groot mengbak.Chiffonkoek met nougatvulsel
Ingredients
Instructions
2 Maak ’n holte in die middel en gooi die olie, water, eiergele, lemoen- en suurlemoenskil daarin.
3 Klop goed saam.
4 Klits die eierwitte en kremetart in ’n ander mengbak tot dit stywe punte vorm, maar moenie droog klits nie.
5 Vou die eerste mengsel in die eierwitte in - werk lig maar deeglik sodat geen eierwit sigbaar is nie.
6 Skep in ’n ongesmeerde losboom-chiffonpan.
7 Bak eers vir 1 uur by 170 °C en dan vir 10 min. by 180 °C, of tot ’n toetspen skoon uitkom.
8 Haal uit die oond en draai die pan om sodat dit op sy voetjies staan en laat heeltemal afkoel. Druk die koek versigtig van bo-af uit die pan uit.
9 Sny die koek in twee lae en smeer die versiersel tussen die lae en bo-oor die koek.