• 125 ml (½ k) gesifte versiersuiker saam tot lig.
• Voeg 193 g kondensmelk drupsgewys by
• Klits 5 ml (1 t) vanieljegeursel,
• 5 ml (1 t) suurlemoensap,
• 1,2 ml (¼ t) amandelgeursel en
• 5 ml (1 t) kremetart saam en vou
• 250 g Moir’s-glansvrugte, liggies gekap, by
Instructions
Voorverhit die oond tot 170 °C. 1 Sif die koekmeel, sout, suiker en bakpoeier in ’n groot mengbak. 2 Maak ’n holte in die middel en gooi die olie, water, eiergele, lemoen- en suurlemoenskil daarin. 3 Klop goed saam. 4 Klits die eierwitte en kremetart in ’n ander mengbak tot dit stywe punte vorm, maar moenie droog klits nie. 5 Vou die eerste mengsel in die eierwitte in - werk lig maar deeglik sodat geen eierwit sigbaar is nie. 6 Skep in ’n ongesmeerde losboom-chiffonpan. 7 Bak eers vir 1 uur by 170 °C en dan vir 10 min. by 180 °C, of tot ’n toetspen skoon uitkom. 8 Haal uit die oond en draai die pan om sodat dit op sy voetjies staan en laat heeltemal afkoel. Druk die koek versigtig van bo-af uit die pan uit. 9 Sny die koek in twee lae en smeer die versiersel tussen die lae en bo-oor die koek.