kategorieë: Bekendes

Chris Chameleon: Jy en Ek en Ek en Jy

Jou nuwe album, Jy en Ek en Ek en Jy, is jou eerste Afrikaanse album in agt jaar. Vertel ons meer daarvan.

Sedert 2009 was ek druk besig met die aanpassing van ander kunstenaars se werk: die toonsetting en opname van Ingrid Jonker se gedigte, die toonseting en opname van Daniella Deysel se gedigte, die droomland-projek saam met die Drakensbergse Seunskoor en selfs ’n Boo! album wat ek in Europa opgeneem het. Hoewel heelwat van hierdie werk Afrikaans was, was dit nie werk wat ek ook self geskryf het nie. Nou het ek, na 8 jaar, uiteindelik weer daarby uitgekom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy het al die liedjies self geskryf en gekomponeer. Vertel ons van die proses.

Ja. Ek het die tekste in vrye vers geskryf in ’n baie geïnspireerde fase, daardie tye wanneer werk met ’n vloed uit jou uit borrel. Dit was reeds in 2012. Dit sou 5 jaar duur voor ek my hand aan die toonsettings begin waag het. Die toonsetting van vrye vers verg ’n besondere aanpak, omdat die teks nie in gewone ritmiese rympatrone voorkom nie. Die geheim is frasering. Met frasering kan ’n mens enige teks by enige musiek laat pas. Hoe sal ek dit nou aan ’n leek verduidelik? Kom ons stel dit so: jy het ’n klomp vierkante wat jy in sirkelvormige gaatjies moet pas. Dan kry jy ’n masjientjie wat al die vierkantige blokkies in klei laat verander, sodat jy alles behou van wat hulle is, maar hulle kan vervorm om by die gaatjies in te pas. Daardie masjientjie se naam is frasering en ek het as my geboortegeskenk een van die beste modelle gekry!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe beskou jy die liefde?

Vir my is liefde lewe. Om die liefde te hê is om die lewe te hê, om lief te wees is om die lewe te gun.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy sê die skryfproses het baie eerlikheid van jou geverg. Hoe so?

Daar is iets uiters ontwapenend aan die blootlegging van jou diepste gevoelens oor iets soos jou liefdesake, en dit boonop vir publieke uiting, soos deur ’n lied of gedig. Want in die liefde is ons maar redelik blootgestel. Die liefde kan nie striemend gedy nie – deur mure, grense en pantser kan die kwade nie na binne nie, maar deur dieselfde versperrings kan die liefde ook nie na buite nie. Die afbreek van hierdie versperrings verg maar ’n bietjie geloof in die hoër beskerming van die liefde self.

Jy praat in die album oor God, jou beminde en jou hartlandskap. Ons wil graag weet hoe jy jou liefde vir elkeen sal beskryf?

Sjoe, dis diep vrae … dankie! My liefde vir God sou ek beskryf in terme van dankbaarheid. My liefde vir my beminde sou ek beskryf in terme van diens. Vir my hartlandskap het ek nie ’n bepaalde liefde nie, dit is my liefde.

Jy het ’n konsertuitvoering van die Indiese kunstenaar Shujaat Husein Khan bygewoon en iets wonderlik ervaar. Vertel ons meer daarvan.

Dit was tradisionele, klassieke Indiese musiek. Die Indiërs gebruik vreeslik baie note (hulle sing selfs note wat nie in ons noteskat bestaan nie) en komplekse ritmes. En natuurlk het die man in Hindi gesing, waarvan ek nie ’n enkele woord kon verstaan nie. Maar ek was meegevoer en diep geïnspireerd. Op pad terug, in die kar, het ek vir my vriendin, ’n Indiër, vertel waaroor ek gedink het die liede gaan. Sy was stom van verbasing want blykbaar was dit presies waaroor dit gegaan het. Dit was vir my nogal ’n onthulling, om die tekste so, deur die musiek en die gevoel, te kan vergestalt. Daarna het ek huis toe gegaan en die tekste vir hierdie album het uit my uitgeval soos ’n vrag waatlemoene agteruit ’n wegtrekkende trok met ’n oop deur.

Dink jy mense vergeet soms hoe om werklik lief te hê?

Nee, ek dink nie so nie. As jy dit eers ken sal jy dit nie verloor nie. Sommige mense het dit ongelukkig nog nie beleef nie, en ken dit dus nie. Daar is baie dinge wat ’n mens uit liefde kan doen, maar uiteindelik dink ek die liefde self is nie ’n daad nie, dis ’n toestand. Ek glo ’n mens doen nie liefde nie, jy wees dit. Maar ek sal myself ook nie aanmatig om vir ander voor te skryf nie, dis maar hoe ek dit sien en ek dink elke mens het maar sy of haar siening hieroor.

Die album is ’n hartsbelydenis. Hoe sal jy hierdie belydenis in een sin opsom?

Die doel van my bestaan is liefde.

Wat is jou gunstelinglied op die album en hoekom?

Die onomskryfbare. Die teks is die naaste wat ek nog ooit aan ’n definisie vir die liefde kon kom.

Wat is die grootste les oor die liefde wat jy al geleer het?

Dat jy dit vir jouself moet regkry voor jy dit vir ander kan regkry.

Het jy ’n gesegde of aanhaling wat jou na aan die hart lê?

Die waardevolste dinge kos nie ’n sent nie.

*Chris se nuwe album is hierdie week (eerste week in Mei) eksklusief op Groot Tunes beskikbaar en dan vanaf 8 Mei 2017 in winkels en op ander digitale platforms. Besoek die webblad chrischameleon.com vir inligting oor optredes.

Kyk ook hier na die musiekvideo van die eerste enkelsnit vanaf die album, getiteld Die Intimiteit van ons Greep:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.