kategorieë: Bekendes

Ons gesels met die musikant Michael Lowman

Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek is in Durban gebore en het in Johannesburg grootgeword.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy enige broers of susters?

Ek het ’n jonger suster. Sy maak seker ek bly nederig …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar kom jou liefde vir musiek vandaan?

Dit kom van my ouers af, sonder enige twyfel. Daar het altyd musiek in die huis gespeel toe ons grootgeword het en my pa het selfs ’n bietjie kitaar ook gespeel.

Jy het self op 17 begin kitaar speel. Hoe het dit gebeur?

Toe ek 10 jaar oud was, is my pa in ’n motorongeluk oorlede. Dit het my hele lewe verander. Ek het een oggend op sy ou kitaar afgekom, dit opgetel en myself begin leer hoe om te speel. Op daardie dag het ek geweet musiek is wat ek met my lewe wil doen. Dit is basies my manier om met my pa te connect. Elke keer wanneer ek die kitaar optel, voel ek my pa.

Wat het jy van jou pa se dood geleer?

Toe my pa dood is, het alles verander. Ek was maar 10 jaar oud toe ek sulke intense pyn moes ervaar. Dit beïnvloed die lewe baie. As ek nou terugkyk, het my pa se dood my geleer geleer hoe waardevol én broos die lewe is. Ek aanvaar niks as vanselfsprekend nie. Leef die lewe op jou eie terme, want dit kan binne ’n oogwink verby wees. Doen wat jou gelukkig maak. Maak ander gelukkig. Love and be loved. Ek werk nog aan daai een …

Vertel ons meer van jou skryfproses.

Dit is altyd anders vir my. Ek skryf meestal eers die lirieke en dan voeg ek die musiek by, maar dit hang alles af van my inspirasie. Ek dink dit is waarvan ek die meeste hou … musiek is nooit dieselfde nie. Daar is nie reëls nie. Daar is nie so iets soos reg of verkeerd nie, dit is altyd ’n geval van persoonlike smaak en ek hou baie daarvan.

Wie of wat inspireer jou?

Ek word geïnspireer deur liefde, verlies, ’n mooi liedjie of ’n aangrypende kitaar-solo! John Mayer inspireer my bo dit alles. Die manier hoe hy kitaar speel en musiek skryf is op ’n ander musikale vlak. Hy stel gedurig musiek vry wat direk met my praat. Ek is ’n groot aanhanger.

Jou video’s kry duisende “views” op YouTube. Hoe voel dit om te weet so baie mense hou van jou musiek?

Dis ’n ongelooflike gevoel, eerlikwaar! Ek is so dankbaar om my droom te kan leef en te doen waarvoor ek lief is omdat mense my ondersteun. Dit is ’n spesiale konneksie wat ek nodig het om voort te gaan daarmee. Glo my, hierdie is net die begin.

Kyk hier na Michael se video Girl Saves Boy:

Op jou album, PopRadio, het jy saam met vier ander kunstenaars gewerk, onder andere Karlien van Jaarsveld. Vertel ons meer daarvan.

Ek het nog nooit saam met ander kunstenaars gewerk nie en ek wou dit graag op hierdie album doen. Ek dink dit het my geleer om my talent te waardeer. Ek kan teen die beste in die bedryf kompeteer. Om dit te besef, was ’n belangrike oomblik vir my. Ek is mal oor die musiek wat daaruit gekom het! Dit het my vir meer geleenthede oopgestel.

Jy het gesê jy verwag nie dat die album miljoene moet verkoop nie, maar dat jy wil hê mense moet hul idee van “Michael Lowman” bevraagteken.

PopRadio is ’n album wat bedoel is om mense se persepsies en opinies  te verander. Ek is meer as net ’n seun met ’n kitaar. Ek eksperimenteer, ek neem risiko’s en ek is mal daaroor! PopRadio is ’n wonderlike album, ten spyte van die kommersiële sukses wat dit bereik.

Jy het Scott Austin se aandag in Los Angeles getrek wat gelei het tot ’n album en die moontlikheid van ’n loopbaan oorsee. Hoekom het jy besluit om in Suid-Afrika te bly?

Scott het my die geleentheid gegee om sy droom te leef. Ons is soos broers wat by geboorte geskei is. Ek sal altyd dankbaar wees vir wat hy vir my gedoen het. Ons is steeds in kontak met mekaar en ons beplan steeds om my musiek na Amerika en die res van die wêreld te neem, maar die regte tyd is belangrik. My besluit om in Suid-Afrika te bly en my loopbaan hier af te skop, was ’n persoonlike keuse. Ek wou eers die liefde van my tuisland verdien voor ek die volgende stap neem. Amerika is steeds ’n groot deel van my plan en dit kom al nader!

Wat is tot dusver die hoogtepunte van jou loopbaan?

My ma se trane toe sy die eerste keer een van my liedjies op die radio gehoor het. Ek sal daardie oomblik nooit vergeet nie.

En die grootste uitdaging?

Om mense se persepsie van wie ek is te verander.

Wat is die beste raad wat jy al ontvang het?

Definieer jou verwagtinge.

Wat laat jou glimlag?

Om op ’n koue wintersoggend al langs die Kaapse kus met my ou Cafe Racer (motorfiets) te ry. Ek kan nie genoeg daarvan kry nie.

Wat maak jou hartseer?

Die besef dat ek nooit ’n bier saam met my pa sal kan drink nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.