kategorieë: Bekendes

Demi-Leigh is Mej. Heelal

Mej. Suid-Afrika 2017, Demi-Leigh Nel-Peters, is die pas afgelope naweek in Las Vegas as Mej. Heelal gekroon. Demi-Leigh het meegeding teen 91 ander deelnemers van regoor die wêreld – die grootste hoeveelheid deelnemers aan hierdie kompetisie ooit. Mej. Kolombië is aangewys as eerste prinses en Mej. Jamaika as tweede prinses.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Die 22-jarige van Sedgefield in die Wes-Kaap het bewys dat die vertroue wat haar ondersteuners in haar gehad het opreg was. Sy was een van die gunstelinge om hierdie kompetisie te wen en sy het baie ondersteuning van regoor die wêreld en op sosiale media ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy is die eerste Mej. Suid-Afrika om hierdie aansienlike titel te wen sedert Margaret Gardiner dit gewen het in 1978.

Lees hier om meer uit te vind oor Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In haar toespraak as wenner het Demi-Leigh genoem dat sy beide trots en bevoorreg voel om te kon wen en dat haar drome verwesenlik is. “Ek stem saam met alles waarvoor die Mej. Heelal-organisasie staan, veral die bemagtiging van vroue regoor die wêreld. Ek het nog altyd probeer om die voorbeeld van die verandering wat ek in die wêreld wil sien te wees, en hierdie platform sal vir my die geleentheid gee om ’n verskil te kan maak. Ek hoop ek het Suid-Afrika trots gemaak en dat ek sal aanhou terwyl ek hierdie titel dra,” het sy tydens haar toespraak gesê.

Demi-Leigh het tydens haar tyd as Mej. Suid-Afrika reeds ’n suksesvolle veldtog geloods, genaamd Unbreakable. Hierdie veldtog poog om duisende jong meisies en vroue regoor die land te bemagtig deur aan hulle vaardighede te leer om moeilike situasies te kan hanteer soos kapings, rooftogte, en ongesonde verhoudings. Sy het met spesialiste saamgespan om vroue die noodsaklike kennis te gee sodat hulle weet hoe om op te tree in ongewenste situasies. Sy het ses werkswinkels regoor die dag gehou en sy het genoem dat sy hierdie veldtog internasionaal wil bemark.

Lees hier om meer uit te vind oor Demi-Leigh se Unbreakable-veldtog.

Demi-Leigh het die beoordeelaars en gehore se asems weggeslaan in ’n ragfyn, vleeskleurige aandrok. Anel Botha het hierdie rok ontwerp, en dis glo geïnspireer deur sterrekonstellasies. Hierdie konstellasies is voorgestel deur 50 000 Swarovski-kristalle wat met die hand gewerk is. Agt persone het 168 ure geneem om die rok te voltooi.

Loer hier om die kostuums van naderby te kan sien.

Die Mej. Heelal-kompetisie is aangebied deur Steve Harvey en Ashley Graham en die beoordeelaars was Wendy Fitzwilliam (Mej. Heelal 1998 van Trinidad en Tobago), Jay Manuel, Ross Mathews, Megan Olivi, Lele Pons en Pia Wurtzbach (Mej. Heelal 2005 van die Fillippyne).

Kyk hier na die oomblik waar Demi-Leigh gekroon is.

Voordat sy as Mej. Suid-Afrika gekroon is, het Demi-Leigh haar B.Com-graad in besigheidsbestuur en entrepreneurskap voltooi en sy was ook ’n deeltydse model. Haar pa en stiefma, Bennie en Elzabé Peters en ma en stiefpa, Anne-Mari en Johan Steenkamp was almal in die gehoor toe Demi-Leigh aangewys is as Mej. Heelal. “Demi-Leigh het ontsettend hard gewerk oor die afgelope paar jaar om hierdie doelwit te bereik en ons is almal baie trots op haar,” het haar oorstelpte ma, Elzabé, gesê.

Die 2017 Mej. Heelal-skoonheidskompetisie sal uitgesaai word op Vuzu (DStv-kanaal 116) op Dinsdag, 28 November om 20h00 en weer op Saterdag, 2 Desember om 15h00.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.