kategorieë: WenkeSkoonheid

Die gesondheids- en skoonheidsvoordele van rooibos

Deur Vilien-Miri Coetzee

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Plaaslik” en “inheems” is lankal nie onbekende gonswoorde nie. Dit raak al hoe belangriker om ’n paar maklik bekombare oplossings en maniere te hê om alledaagse kwale en chroniese probleme, van gesondheid tot skoonheid, te help voorkom en te bekamp. Een so ’n hulpbron is rooibos, wat geensins volksvreemd is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dié weerstandige plantjie wat danksy ons eiesoortige klimaat net in sekere dele van Suid-Afrika voorkom, word al jare lank in verskeie boererate gebruik. Jy het dalk by ’n ouma geleer hoe dit help om ná erge sonbrand in ’n bad met rooibosteesakkies te gaan lê of om teesakkies op ekseem te gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Danksy voortgaande en in diepte- wetenskaplike navorsing wat deur die Rooibosraad van Suid-Afrika (SARC) saam met die departement van wetenskap en innovering befonds word, weet ons nou ook dis g’n wolhaarstorie wat slegs op hoorsê berus nie. Dit werk, en daar is data en statistieke wat die voordele kan uitwys wat veel dieper as net jou vel strek.

Ons weet rooibos is goed vir ons, maar hoe goed is dit en kan ons dit bewys? Dit is die vraag wat Adele du Toit, die SA Rooibosraad se woordvoerder, met behulp van vyf van ons land se top- vroulike wetenskaplikes, wou beantwoord. Dit was by ’n geleentheid wat op 2 November vir die media by die Mount Nelson-hotel in Kaap gehou is. Die insigte was verhelderend.

Anishka le Roux, ’n PhD-student van Stellenbosch, het gewys hoedat die antioksidante wat in rooibos voorkom kardiometaboliese siektes, soos hartaanvalle, beroertes, diabetes en insulienweerstandigheid kan teenstaan danksy die vermoë daarvan om nie net kortisol, ons streshormoon, te verminder nie, maar ook bloeddruk te verlaag.

Prof Rabia Jonson wys hoe aspalathin, ’n verbinding wat net in rooibos voorkom, help om die glukose in die bloedstroom te verbeter, wat dus kan help om die voorkoms van tipe-2-diabetes, een van die grootste lewenstylsiektes van ons tyd, te verminder.

Ons vel beskerm ons en hou skadelike bakterieë uit, maar is nie teen die son se skadelik strale bestand nie. Rooibos, het dr Mariska Lilly gewys, het die vermoë om, nadat die vel aan UV-strale blootgestel is, ontsteekte en beskadigde selle te verwyder en verdere inflammasie te stop om die nadelige effek van die son op ons vel te keer. Tans word daar gekyk na ’n nuwe en gevorderde nano-afleweringstelsel wat in velsorgrome gebruik kan word sodat die antioksidante wat in rooibos is, deur die vel se versperring kan kom om dit te help herstel en beskerm.

Dr Hanél Sadie-Van Gijsen het gewys op die probiotiese effek van rooibos en hoe dit kan help om die mikrobioom in ons derms te herstel deur inflammasie te verminder. Nie net help dit dat ons ons kos beter opneem nie, maar dit laat die maag ontspan en minder kramp omdat dit die potassium en kalsium vlakke balanseer. Dit kan help met verskeie maagkwale soos diarree tot inflammatoriese dermsindroom.

Laastens, kan rooibos ons selfs help om ons breine gesond te hou. Tot vandag toe is daar geen absolute kuur vir alzheimersiekte nie, maar voorlopige studies wat dr Taskeen Fathima Docrat gedoen het, toon dat die tisane in rooibos die risiko en aanvang van neurosiektes kan voorkom.

Al hierdie studies is ’n groot stap om meer en meer medisynes, rome en kapsules te maak waarin rooibos die hoof- aktiewe bestanddeel is, wat saam met ’n gesonde leefstyl en voorgeskrewe medisyne – en selfs minder! – werk om van die grootste probleme van ons tyd ontslae te raak.

Ons het nie net van die goeie effek van rooibos gehoor nie, maar kon dit ten diepste voel en ervaar. Van die rooibosystee wat heeldag bedien is en vrugteslaai saam granola asook eierbenedict waarby rooibos toegedien is, tot die spabehandeling met produkte van Annique en African Extracts wat deur die knap personeel van Librisa Spa vir ons gedoen is. En natuurlik die geskenkpak met Laager-tees en ander rooibosprodukte waarmee ons kon wegloop om die waardevolle effek van rooibos nog bietjie langer te laat hou – en ten volle te waardeer!

Lees ook: Die geheim van sagte lippe? Rooibos! Probeer hierdie skrop

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

6 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

9 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

13 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.