Die koekoekvoëltjie vlieg saans ná ses

Die hamstertjie het duidelik afgeval en is ook seker op soek na ’n nuwe hok, kan ek nie help om te dink toe ek weer die bekende wit luikrugmotor sien verbyry nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Net as mens dink jy is immuun teen die manewales van huiskykers, verskyn daar een op die toneel wat die wasgoeddraaddramakwien en die James-ontbloter goed, gaaf en amper beskaaf laat lyk. (Lees episode 1 hier)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na ’n redelike stil Desember en Januarie, het al wat ’n eiendomsagent is 1 Februarie van hulle laat hoor. In die eerste week van dié maand, het ek daagliks sowat drie oproepe van agente gehad wat óf net wil bevestig dat ons huis steeds in die mark is, óf weer wil kom foto’s neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek weet nou nie van ander huiseienaars nie, maar in twee, drie of selfs twaalf maande verander my huisdekor beslis nie soveel dat nuwe foto’s nodig is vir die onderskeie webwerwe nie.

Begin Maart laat weet ’n agent my dat daar iemand is wat geweldig belangstel in ons huis. Die dame wou ’n tyd afspreek een aand, maar ons was daardie week elke aand met iets by die skool of buitemuurs betrokke. Dus het ek gesorg dat ek die Maandagoggend stiptelik 11:00 die huis netjies het vir die huiskyker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om stiptelik 11:00 het ’n motor wat ek gereeld verby ons huis sien ry, in ons opritpad gestop met die agent se motor kort op sy hakke.

Die agent het die huiskyker aan my bekend gestel, haar deur ons voordeur vergesel en rondgewys. Uit die gesprek soos hulle deur ons huis beweeg, kon ek aflei dat die dame redelik in haar skik is met wat sy sien. Sy het dan ook na die deurkyksessie aan my genoem dat sy uit haar huurhuis moet trek en ons huis presies is wat sy soek.

Die agent het daardie selfde aand aan my ’n boodskap gestuur dat die vrou beslis baie belangstel in ons huis. Maar, ek weet teen hierdie tyd ook om te wag vir iets op skrif.

Die volgende oggend kort voor 12:00 stuur ’n ander agent aan my ’n selfoonboodskap dat sy ’n huiskyker het wat baie graag na ons huis wil kom kyk, maar dit moet verkieslik saans na 18:00 wees.

Ek het laat weet dat dit ongelukkig nie moontlik is nie, want ons is elke aand daardie week uithuisig. Ek het die agent ook gevra wat die persoon se naam is, want dit het skielik vir my vreemd geklink dat verskillende mense almal aandring daarop om spesifiek na 18:00 in die aand te kom kyk.

Die naam was dieselfde as dié van die dame wat die vorige oggend om 11:00 deur my huis is saam met die eerste agent.

Ek en die tweede agent was redelik uit die veld geslaan, maar sy sou dit opvolg met die huiskyker.

Die dag daarna bel ’n agent wat ek nog nie ontmoet het nie en sê dat “’n vrou wat al haar rooi bank in jou huis sien staan, baie belangstel in jou huis. Sy het jou huis se foto’s op ons webwerf gesien en wil graag Vrydag om 18:00 na jou huis kom kyk.”

Ek het aan hom verduidelik dat ons nie die Vrydagaand by die huis is nie, en gevra of dit mev. So-en-so met die wit luikrugmotor is. Hy was verbaas dat ek weet van haar. Ek het mooi aan hom verduidelik dat mev. So-en-so wél presies twee dae gelede tussen 11:00 en 11:20 saam met Agent X deur ons huis is. Hy was nog meer verbaas, want die kliënt het in soveel woorde aan hom gesê dat Agent X weier om ons huis vir haar te wys.

Hy het onderneem om dit op te neem met mev. So-en-so. Intussen het ek Agent X gebel en gesê haar kliënt wat wél al deur my huis was, probeer nou met verskeie ander agente ook afsprake maak om weer na ons huis te kom kyk. Hoekom op aarde?

Natuurlik weet mev. So-en-so toe van geen sout of water toe Agent X haar daarmee konfronteer nie.

Toe ’n vierde agent in daardie selfde week vir my ’n SMS stuur om “’n afspraak na 18:00 vir ’n kontantkoper” te probeer reël, het ek net my kop geskud.

Intussen sien ek die wit luikrug motor steeds op en af in ons buurt ry en soms neem die bestuurder foto’s van ons huis.

Ons huis het dus ’n bekruiper.

Nou kan ek nie help om te wonder wat presies sy wou bereik deur drie of vier keer na ons huis te kom kyk – en dit deur verskeie agente – nie? Dink sy nie ons sou dalk haar gesig herken het nie? Of, probeer sy die agente teen mekaar afspeel in die hoop om ons prys te laat sak? Nugter weet.

Intussen is al vier die agente tjoepstil en dit blyk dat die besige seisoen waar een swaeltjie (of koekoekvoëltjie) nie die somer maak nie, vir eers verby is.

Omdat ek teen hierdie tyd weet dat ’n mens “ernstige kopers” maar eers ernstig moet opneem sodra jy iets op skrif ontvang, het ek solank Episode 2 van die huiskykersage op skrif geplaas. Mens weet nooit wanneer dit as deel van ’n polisieverklaring of interdik gebruik kan word nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: blogger

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.