kategorieë: LeesOntspanning

Resensie: Seabirds of Southern Africa

As jy mooi kyk, sien jy dikwels tussen die seevoëls rondom jou enetjie wat anders lyk. Dit is dan dat jy wonder, wat is die storie? Is hy die spreekwoordelike lelike eendjie? Of het jy hier voor jou oë die opwinding van ’n nuwe spesie? Dink net van hoe ver kon hy gekom het … Gough, Tristan … of sommer net Robbeneiland. Met Seabirds of Southern Africa in die hand kan jy gou-gou self uitvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die skrywer, Peter Ryan, is die direkteur van die Fitzpatrick Institute of African Ornithology. Hy is ’n ‘birder’ wat in seevoëls spesialiseer, en dus kry jy die beste brokkies oor seevoëls as’t ware uit die perd se bek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat jy in Seabirds of Southern Africa sal kry

  1. Hoe seevoëls geklassifiseer word, sodat jy maklik die groep kan identifiseer waartoe die voël voor jou behoort. Met drie tot ses foto’s van elkeen van die 132 spesies kry jy oorgenoeg leidrade vir identifikasie. Die foto’s wys ook hoe jong voëls, volwasse voëls, broeiende en nie-broeiende voëls van mekaar verskil.
  2. Naas die Engelse en die wetenskaplike naam kry jy ook die Afrikaanse naam van die meeste voëls – ’n lekker bonus.
  3. Wenke, as jy per boot wil gaan seevoëls kyk, met ’n kort seksie van wenke vir fotografie van seevoëls.
  4. Inligting oor watter spesies bedreig is.
  5. Verspreidingskaarte, sodat jy kan opkyk of daardie vreemde voël wat jou aan die wonder het ver buite sy gewone gebied is, of nie.

Rooi-stert tropiese voël. Foto deur Rohan Clarke

Hoekom loop ’n seemeeu se neus? Huil hy?

Jy sal ook antwoorde kry op fassinerende vrae soos hierdie een: As jy een van daardie rare oplettende mense is, sal jy al ’n druppel aan ’n seevoël se bek sien hang het. Wat beteken dit?

Seabirds of Southern Africa sê hy het nie hooikoors of verkoue nie. Hy huil ook nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Net soos by mense is te veel sout skadelik. Ons kan minder sout-kos eet of minder sout gebruik. Seevoëls het nie  hierdie opsies nie. Hulle kos bevat omtrent drie keer meer sout as hul weefsel en bloed. Daardie druppel aan die punt van sy neus is juis sy oplossing vir te veel sout. Hy het kliertjies weerskante van sy kop wat die sout uit sy bloed onttrek, en saam met ‘trane’ afskei, wat deur sy neus uitloop.

Vakansievermaak

Verstommende feite oor seevoëls wat heerlik lees, gee dié boek lekker vermaak-waarde vir die vakansie, met honderde interessanthede soos:

  • ’n Jong duiker se oë is seeblou, terwyl die kleur van ’n volwasse duiker se oë helderoranje is.
  • Een soort pikkewyn het die amptelike naam van die macaroni penguin.
  • Emperor-pikkewyne duik met gemak tot 500 m diep. Skubaduikers duik gewoonlik 20-40 m diep.
  • Albatrosse broei op broei-eilande soos Marion-eiland uit. Daarvandaan moet hulle begin vlieg om kos te kry. Die helfte van jong albatrosse sterf omdat hulle nie sterk genoeg is om terug land toe te vlieg nie.
  • As pikkewynouers kos vir hul kleintjies gaan soek, skakel hulle hul mae af. Die vis wat hulle vang kan dus tot twee weke onverteer in die maag bewaar bly, tot hulle weer terug is by hul kuiken.
  • As jy hou van reis kan jy net die Grysbors-sterretjie beny. Elke voël reis rondom 100 000 km per jaar …

Koop Seabirds of Southern Africa

As jy van voëls hou, is hierdie boek ’n moet. As jy van seevoëls hou is hierdie boek noodsaaklik want dit is die enigste boek in Suid-Afrika wat net op seevoëls fokus.

Winkels: Enige groot boekwinkel

Aanlyn: Bestel direk by www.penguinrandomhouse.co.za

Koste: R180. Goeie waarde vir baie foto’s glanspapier en hope interessante brokkies. Lieflike geskenk.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.