kategorieë: Ontspanning

Die Theuns Jordaan Tribute-Konsert kom Kaapstad toe!

Die grootskaalse Theuns Jordaan Tribute-Konsert wat vroeër vanjaar op Loftus Versfeld aangebied was, het die room van Suid-Afrika se kunstenaars voor ‘n skare van meer as 20 000 toeskouers byeengebring, om in ‘n wêreldklas produksie hulde te bring aan die ikoniese Theuns Jordaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na ‘n vloedgolf van versoeke aan die organiseerders, is daar nou goeie nuus vir Kapenaars: Die Theuns Jordaan Tribute-Konsert word vroeg in 2024, op Saterdag 6 Januarie vanaf 19h00 by DHL Stadion in Kaapstad aangebied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die veertien top Afrikaanse kunstenaars wat by die Pretoria konsert opgetree het, sal ook in Kaapstad op die verhoog wees om Theuns se liedjies te laat herleef in ‘n uitnemende grootskaalse produksie. Konsertgangers kan uitsien na vertonings deur Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Ray Dylan, Dozi, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Jay du Plessis, Bok van Blerk, Danny Smoke, Liezel Pieters, Lianie May en Jacques du Plessis.

Die Theuns Jordaan Tribute se konsertorganiseerder, Sonett de Villiers, sê: “Die Loftus-konsert was ‘n groot viering van Theuns se lewe en musiek. Die konsert het almal se verwagtinge oortref.”

“Dit was een van die mooiste en grootste gebeurtenisse in Afrikaanse musiek nog. Dit was verseker ‘n enig-in-sy soort musikale belewenis en spreek boekdele vir Theuns se nalatenskap sowel as van die kunstenaars, produksiespan en kreatiewe leierskap wat passievol te werk gegaan het.”

“Dit was ‘n enorme projek en ons het nie voorsien om dit weer te doen nie, maar sedert die Loftus-konsert, hou Kapenaars aan met vra dat die konsert ook in Kaapstad aangebied word. Ons het navorsing gedoen en agtergekom dat daar weinig Kapenaars by die Loftus-konsert teenwoordig was.”

“Ons voel verplig om iets vir Theuns se Kaapse aanhangers te bied, omdat hulle aanhou vra. Daar het baie werk, tyd en kreatiwiteit in die produksie ingegaan en dit het ‘n besonderse vertolking van Theuns se musiek opgelewer. Ons sien uit om dit met net soveel passie by die DHL Stadion aan te bied.”

Die Theuns Jordaan Tribute laat Theuns se liedjies herleef in ‘n reuse produksie wat deur gesoute vervaardigers Andries Pieterse, Deedee Oosthuizen en Floors Oosthuizen behartig word, in samewerking met Theuns se jarelange vriend Jacques du Plessis.

Kaartjieverkope is nou oop. Verkope is beperk tot 20 000 kaartjies.

Kry jou kaartjies by https://itickets.co.za/events/474125

Lees ook: Binnelanders-akteur Bradley Olivier sterf

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

13 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

15 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

17 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

1 day Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

1 day Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.