kategorieë: WenkeMode

Nuwe gaatjies vir oorringe? Pasop vir hierdie foute!

Nuwe oorringe? Pasop vir hierdie foute! deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kristin Weixelbaumer van Black Betty gee vir ons ‘n paar wenke oor oorringe, as jy dalk nog wik en weeg oor daardie gaatjies …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nuwe gaatjies? Pasop vir hierdie foute!

Baie van ons het hierdie “geskenk” kleintyd by ons ma, tannie of ‘n sussie gekry, en hulle het help toesien dat die oorlel nie ontsteek nie. ‘n Mens moet die lel maar goed dophou omdat dit ’n baie delikate liggaamsdeel is. Swaar oorringe, die verkeerde metaal, of ’n onverwagse haakplek, kan veroorsaak dat die oor ontsteek.

Ons wys jou wat jy moet weet voordat jy gaatjies kry, en wat om te doen om dit skoon en gesond te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorbereiding

Doen navorsing oor die prosedure voor jy gaatjies laat deursteek. Maak seker jy weet wat om te verwag en wat om agterna te doen.

  • Reël een: gaan na ’n professionele juwelier of geregistreerde juwelierswinkel. Kenners weet presies waar om die oorring in te sit sodat dit nie uitskeur of ander komplikasies veroorsaak nie. Jy is ook geregtig daarop om vir ’n opleidingsertifikaat te vra as dit nie reeds in die winkel hang nie.
  • Wees seker oor die styl wat jy laat insit, aangesien jy die oorring vir ses tot agt weke  sal moet dra voor jy dit mag uithaal. Die veiligste styl is ’n oorknoppie – dit haak nie aan hare of klere nie en wikkel ook nie rond soos ’n hang-oorring nie.
  • Moenie bang wees om vrae te vra nie. Kristin sê die juwelier moet alle en enige vrae beantwoord sodat jy veilig en seker voel. Jy mag enige tyd voor die prosedure kop uittrek sou jy nie gemaklik voel nie.

Lees ook: Sorg só vir jou gunsteling-somersklere

Ontsmetting

  • “Moet onder geen omstandighede die skoonmaakproses afskeep nie,” sê Kristin. Jou juwelier behoort volledig te verduidelik wat jy moet doen om jou ore en oorringe te versorg. Dit is baie belangrik om hierdie roetine getrou te volg. Jou oor lyk dalk ná ’n week gesond, maar daar is steeds inwendige genesing wat moet plaasvind. As jy jou roetine staak, kan die gaatjies selfs septies raak.
  • Werk so skoon moontlik wanneer jy jou ore ontsmet. Was jou hande en moenie watte hergebruik nie. Vermy enige moontlike bakterieë naby jou oor, soos die gebruik van oorfone, haarsproei, parfuum en grimering.
  • Gebruik ook die ontsmettingsmiddels wat die juwelier voorstel. Moenie jou eie meng of generiese vervangings probeer nie.

My oor het ontsteek, wat nou?

  • Ontsteking is pynlik en jy wil dit tot elke prys vermy. Daar is ongelukkig altyd ’n kans dat dit kan gebeur. Die eerste tekens van ontsteking is rooiheid, swelling en pyn. In die beginstadium kan jy jou ontsmettingsroetine aanpas deur die oor meer gereeld skoon te maak. Wanneer tekens soos ondraaglike pyn en koors opduik, stel ons voor dat jy jou dokter of apteker raadpleeg.
  • Ontsteking is nie uitsluitlik die gevolg van afgeskeepte ontsmetting is nie. Jou liggaam verwerp dalk die spesifieke metaal waarvan die oorring gemaak is. Sommige mense is gelukkig dat hul liggame die meeste metale soos goud, silwer, titaan, koper en aluminium kan hanteer. Wanneer jou oor nie verbeter nie al ontsmet jy pligsgetrou, moet jy jou juwelier vra om ’n ander metaal te probeer.
  • Volgens Kristin is hipoallergeniese nikkelvrye metaal die veiligste. Dit verminder die kans op ontsteking en allergiese reaksies.
  • Let wel: Jou eerste reaksie wanneer ’n oor ontsteek, is dalk om die oorring uit te haal, maar dit moet jy juís nie doen nie. As jy jou oorring uithaal, kan die gaatjie toegroei en sal jy van vooraf moet begin.

Lees ook: Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur

Algemene vrae

Is dit seer?

Om iets deur jou liggaam te steek gaan seer wees, maar die oorlel is een van die dele waar dit nie so pynlik is nie. Daar is selfs verskillende pyngrade óp jou oor. Die oorlel is byvoorbeeld minder gevoelig as  kraakbeen.

Lees ook: Hierdie modefoute laat jou slordig lyk

Wanneer kan ek my oorringe begin wissel?

Die algemene aanbeveling is dat jy nie jou oorringe voor ses weke moet wissel nie – dis hoe lank dit neem voor die ore heeltemal gesond is. Daar is altyd uitsonderings, en jou liggaam kan vinniger of stadiger genees.

Lees ook: Verleng jou gunsteling-jeans se lewe

Kan ek kostuumjuwele dra?

Sommige mense is meer sensitief as ander. Daarom kan party van ons kostuumoorringe dra en ander nie. Daar is ongelukkig nie ’n spesifieke toets om dit vooraf te bepaal nie. Die enigste manier om vas te stel is om verskillende metale te probeer. As die oor ná ‘n rukkie geïrriteerd is, is dit dalk wys om die  oorringe liefs uit te haal om ontsteking te voorkom.

Lees ook: 5 vinnige modetruuks om enige uitrusting af te rond

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.