kategorieë: Ontspanning

Diere en hul maniere: Fassinerende feite oor katte!

Diere en hul maniere: Fassinerende feite oor katte! – Deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Pixabay & Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Het jy geweet jou vierpotige troetelkat is vinniger as Usain Bolt? Of dat hy tot 6 keer sy lengte kan spring? Katte is van die gewildste troeteldiere op aarde, en in sommige kulture word hulle selfs as boodskappers van die gode gesien. Ons kan almal saamstem dat katte beslis fassinerende diere is!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoekom spin katte?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ‘n klompie dinge wat jy waarskynlik nie van jou kiets geweet het nie:

  1. Katte wy ongeveer 30 tot 50 persent van hul dag aan selfversorging. Die versorging dien meer as een doel: van die verbloeming van hul reuk om roofdiere te vermy, afkoeling en die bevordering van bloedvloei tot die eweredige verspreiding van hul natuurlike olies om warm en droog te bly. Versorging dien ook as ‘n teken van liefde tussen twee katte, en daar word vermoed dat hul speeksel ensieme bevat wat as ‘n natuurlike antibiotika vir wonde dien.
    Lees ook: Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

2. Katte kan seewater drink! Anders as by mense, kan katte se niere soute uitfiltreer en die waterinhoud gebruik om hul liggame te hidreer

    3. Katte is omtrent die enigste soogdiere ter wêreld wat nie “soet” of speseryagtige smake kan proe nie. Wetenskaplikes glo dat ‘n mutasie in ‘n belangrike

         smaakreseptor katte verhinder om suiker te proe.

    4. Party katte het duime! Dis nou wel nie “ware” duime nie, maar eintlik net ekstra tone

Het jy geweet? Sommige Maine Coon-katte word met ses tone gebore.

  1. Katte se reuksintuig is só sterk dat hul selfs reuke wat tot een deel per miljoen verdun is, kan opspoor.

  1. Teoreties kan katte dolfyne hoor, oftewel die ultrasoniese geluide wat knaagdiere (en dolfyne) maak om met mekaar te kommunikeer.
  1. Die geriffelde patroon op’n kat se neus is net so uniek soos ’n mens se vingerafdruk.

  1. Interessant genoeg kan katte nie direk onder hul neuse sien nie, en daarom mis hulle dikwels kos wat reg voor hulle lê.

  1. Danksy meer as 20 spiere wat hul ore beheer, het katte uitstekende gehoor. Al ooit gewonder hoekom katte hul prooi so stadig bekruip? Wel, hulle is baie beter daarmee om die bron van die klank te vind as hulle nie beweeg nie, daarom sal hul dikwels eers stop, luister en vries om hul akkuraatheid te verbeter

Het jy geweet? Katte kan hulle ore 180 grade roteer.

  1. Katte begin reeds droom wanneer hul sowat ’n week oud is.
  2. Babakatte slaap baie omdat hulle lywe slégs ’n groeihormoon afskei wanneer hulle slaap, en daarom is slaap noodsaaklik vir groei.

  1. Volwasse katte stel geen sleutelhormone vry wanneer hulle slaap nie – hulle slaap net baie omdat hulle KAN! Wetenskaplikes glo dat katte so baie slaap omdat hulle aan die Felidae-familie hoort en hulle wilde neefs baie energie gebruik om te jag. Trouens, katte slaap só baie dat ’n negejarige kat waarskynlik net drie jaar van sy lewe wakker was.

Het jy geweet? Deur ʼn kat te laat regmaak, kan jy twee tot drie jaar by hul lewens voeg.

  1. Sphinx-katte het dalk nie hare op hulle lyf nie, maar hulle liggaamstemperatuur is steeds vier grade warmer as die van ander katte.

  1. ʼn Kat het 244 bene in sy hele lyf – heelwat meer as ’n mens wat slegs 206 bene het.
  2. Katte sweet deur die kussinkies op hulle pote (en sal soms wanneer hulle baie warm kry, hyg.)

  1. Katte het ʼn derde ooglid, maar dit is gewoonlik slegs sigbaar wanneer hulle siek is.

  1. ’n Kat kan tot 6 keer sy lengte spring – of vyf keer sy hoogte. Danksy kragtige spiere in hul agterbene en ‘n stert wat help met balans, het dié ratse diere geen probleem om op ’n hoë muur of sommer bo-op die yskas te spring nie.

via GIPHY

  1. Wyfiekatte is regspotig, terwyl mannetjieskatte hulle linkerpote verkies.

via GIPHY

  1. ’n Wyfiekat word ’n “molly” of ’n “queen” genoem, terwyl mannetjieskatte as “toms” bekendstaan.
  2. Katte kan 4,8km per uur vinniger hardloop as Usain Bolt – die gemiddelde kat kan tot 48 kilometer per uur hardloop.

via GIPHY

  1. Katte het moontlik ’n “stemtoon” ontwikkel om met mense te kan kommunikeer. Hoe meer jy met jou kat praat, hoe meer sal hy met jou praat – al ignoreer hulle ons die meeste van die tyd (terwyl hulle voortgaan om hul eie ding te doen) kan katte wel ons stemme herken.

via GIPHY

22. Katte kan meer as 100 geluide maak met hul stembande. Dit is 90 meer as wat honde kan.

23. Katte spin teen dieselfde frekwensie as ’n luierende dieselenjin (26 spinne per sekonde!)

24. Katte se vermoë om hulle huise te vind mag dalk te danke wees aan “magnete” in hul brein. Hulle vind hulle pad huis toe deur ʼn’n proses bekend as “psi-travelling” – kenners vermoed dat hulle met die hulp van sonlig navigeer, of dat hulle magnetiese breinselle het wat soos kompasse optree.

25. Selfs al is jy nie allergies vir katte nie, kan jou kat dalk allergies wees vir jou. Een uit elke 200 katte het ’n vorm van asma – en die getal bly steeds styg onder troetelkatte aangesien hulle meer dikwels blootgestel word aan sigaretrook, stof, stuifmeel en menslike skilfers

  1. Die Hongaarse woord vir aanhalingstekens, macskaköröm, vertaal letterlik na “katkloue”.
  2. Al gewonder hoe katte dit altyd regkry om op al vier pote te land? Die refleks daarvoor begin in die binne-oor, maar dis danksy katte se buigsame ruggraat en die afwesigheid van ’n funksionele sleutelbeen dat ’n kat dit regkry om sy lyf in die lug reg te draai om sodoende op sy pote te land.

Interessante katte in die wêreldgeskiedenis:

  • In die oorspronklike weergawe van Cinderella was die welwillende “goeie fee”-figuur ’n kat.
  • Ben Rea, ’n Ryk Britse antiekhandelaar, het sy geliefde troetelkat só lief gehad dat hy met sy dood in 1988 sy hele fortuin (altesaam sowat $13 miljoen) aan Blackie, die laaste oorlewende van die 15 katte met wie hy sy huis gedeel het, bemaak het. Die geld is verdeel onder drie katliefdadigheidsorganisasies, wat opdrag gegee is om te kyk na Ben se geliefde kat. Blackie hou steeds tot vandag die Guiness World Record vir die rykste kat ter wêreld.
  • Wat die wêreld se oudste lewende kat betref, behoort dié titel aan Rubble, ’n vurige wit-en-oranje Maine Coone-kat van Brittanje, wat in Mei 2019 sy 31ste verjaarsdag gevier het.
  • ’n Kat met die naam van Félicette is op 18 Oktober 1963 deur Franse wetenskaplikes met ’n vuurpyl in die ruimte opgestuur. Sy is die eerste en enigste kat ter wêreld wat ’n reis na die ruimte oorleef het.
  • By ’n treinstasie in Suidoos-Japan sal jy vir Nitama aantref. Dié oulike sesjarige Calico-kat is in 2015 deur die Kishi-treinstasiebestuur as “stasiemeester” aangestel. Die Kishi-treinstasie, wat geleë is naby die stad Wakayama, het vir Nitama in die plek van ’n ander kat, Tama, aangestel. (Tama is op die ouderdom van 16 weens akute hartversaking dood.) Nitama, Tama se ou assistent-stasiemeester, het die posisie “aanvaar” en sodoende verskeie ander katkandidate uitgeskakel.
  • Wanneer hy nie besig was om die ruimte te bestudeer en gravitasiekrag te ondersoek nie, het Isaac Newton sy energie op meer algemene probleme gefokus – soos hoe om katte te keer wat permanent die deur oopstoot terwyl jy besig is met eksperimente op lig. Blykbaar is Isaac Newton se ligeksperimente by die Universiteit van Cambridge voordurend onderbreek deur sy kat, Spithead, wat aanhoudend die kantoordeur gekrap of oopgestoot het. Hy het toe besluit om die universiteit se timmerman te nader om vir hom twee gate in sy deur te sny: een groot gat vir die mamma-kat en ’n klein gaatjie vir haar katjies. Newton het dus waarskynlik nog ’n uiters belangrike ding vir die mensdom “uitgevind”: die katflap. Dis nou as ons oorvertellings kan glo, want hierdie is nie as feit bewys nie!

  • Die ikoniese Algonquin-hotel in Manhattan het ʼn “ontvangs-kat” bekend as Hamlet IIIV. Die aantreklike oranje Tabby-kat “werk” reeds sedert 2016 by die hotel en is die elfde kat sedert 1930 wat dié titel beklee.
  • Ongeveer 200 wilde katte woon op die Disneyland-gronde, waar hulle help om dié pretpark se knaagdierbevolking te beheer. Elke kat is reggemaak en die parkpersoneel voorsien hulle van mediese sorg en ekstra kos.
  • Nikola Tesla is geïnspireer om elektrisiteit te ondersoek nadat sy kat, Macak, hom ’n statiese skok gegee het.

Lees ook: Kan jy siek word as jou kat jou krap?

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

3 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

3 days Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

4 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

4 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.