kategorieë: Skoonheid

Diere-vriendelike skoonheidsprodukte

Dit was vir ons ook moeilik om te identifiseer watter produkte die etiese behandeling van diere ondersteun en daarom het ons vir kenner, Toni Brockhoven Beauty Without Cruelty-voorsitter en woordevoerder, genader om vir ons ’n paar vrae te beantwoord.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Word daar altyd op ’n produk se verpakking duidelik gemaak of die produk op diere getoets is of nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is soms baie moeilik vir verbruikers om die regte keuse te maak omdat ’n produk nie noodwendig sal sê watter bestanddele wel op diere getoets is of nie.

As ’n produk woorde insluit soos “organies” en “vegan” beteken dit dat die produk nie op diere getoets word nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Organies gesertifiseerde en “vegan” bestanddele beteken nie noodwendig dat produkte nie op diere getoets word nie. “Vegan”-bestanddele beteken slegs dat dit geen diere-bestanddele bevat nie (soos bv. heuning). Soortgelyk beteken organies slegs dat produkte geen chemikalieë of plaagdoders bevat nie.

Beauty Without Cruelty het 60 handelsmerke op hul lys wat deur hulle goedgekeur word. Boonop is daar geen koste verbonde aan handelsmerke om deur hulle goedgekeur te word nie.

Besoek www.humaneguide.co.za om produkte en handelsmerke te vind wat deur Beauty Without Cruelty ondersteun word.
Besoek www.bwcsa.co.za om meer te leer oor Beauty Without Cruelty in Suid-Afrika en die goeie werk wat hulle doen.

rooi rose het verdere navorsing ingestel en ons eie diere-vriendelike produkgids saamgestel

Grimering

  • Coleur Caramel – Beskikbaar by Faithful to Nature
  • Eco Tools – Natuurlike grimeerkwassies beskikbaar by Clicks
  • GOSH Cosmetics – Beskikbaar by Edgars
  • Hean – Beskikbaar by www.glamorecosmetics.co.za
  • Inthusiasm – Beskikbaar by Faithful to Nature
  • Karen Murell – Beskikbaar by Faithful to Nature
  • Physicians Formula – Beskikbaar by Dischem
  • Spa Ritual – Beskikbaar by Faithful to Nature asook by uitgesoekte salonne
  • Wet ’n Wild – Beskikbaar by Clicks
  • Woolworths – Bevat grimering- en velsorgreekse wat deur Beauty Without Cruelty ondersteun word

Velsorg

Lyf

Hare

  • Africa Organics – Beskikbaar by Wellness Warehouse en www.africaorganics.co.za
  • Beautiful Earth – Beskikbaar by www.beautiful-earth.co.za
  • Davines – Beskikbaar by uitgesoekte haarsalonne / 011 791 3385
  • Fat and Rich – Beskikbaar by www.shopfarbotanicals.com
  • Herbitint Hair Colour – Beskikbaar by www.faithful-to-nature.co.za/
  • Kevin Murphy – Beskikbaar by uitgesoekte salonne
  • Love My Hair – Beskikbaar by uitgesoekte gesondheidswinkels / 073 372 4578
  • Paul Mitchell – Beskikbaar by uitgesoekte salonne
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.