Vraag
Ek bêre al my rome en serums in my badkamerkassie, maar ek het iewers gehoor dit is nie die beste, mees higiëniese plek nie. Is dit waar?
Antwoord
Ek is nie bekommerd dat ’n badkamerkassie jou velprodukte meer onhigiënies gaan los mits dit goed verseël word nie. Wat wel ’n invloed op die higiëne van produkte het, is of jy jou vingers gebruik om dit uit die potjie te kry, dan toe te maak en dan in ’n donker kassie bêre. Dit is juis goed om velprodukte in ’n kas weg te bêre, omdat velprodukte meestal aktiewe bestanddele bevat wat nie aan die son blootgestel moet word nie.
Daar is baie bakterieë op ons hande en dit kan op daardie wyse oorgedra word. My aanbeveling is dat jy nie produkte in ’n potjie moet koop nie, maar liewer in ’n buisie wat uitgedruk kan word. Indien winkels dit nie beskikbaar het in jou gekose produk nie, gebruik dan ’n spatula om die produk uit te haal en dan aan te smeer Ons moet ook in gedagte hou dat daar meer hitte in ’n badkamer kan wees, die meeste produkte moet teen kamertemperatuur gehou word of selfs teen ’n koeler temperatuur. Die hitte kan veroorsaak dat die produk sy effektiwiteit verloor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.