Vraag
Ek gebruik nie baie grimering nie en ek hou ook nie van onderlaag nie (dalk het ek nog nooit die regte een raakgeloop nie). Het julle ’n voorstel hoe ek my sproete kan verbloem – ek het een of twee donker sproete? – Ansa vd Merwe
Antwoord
Gebruik ’n kleurkorrigerende verbloemer op die donker vlekke en ’n getinte bevogtiger asook BB-room in plaas van onderlaag. Dit gee ligte en deursigtige dekking. Jy kan Bobbi Brown se Tinted Moisturizer en Colour Correcting Concealer probeer. Die grimeerkunstenaars by die Bobbi Brown-toonbank (in uitgesoekte Edgars-winkels), is baie kundig en sal jou kan help om die regte skakering te kies.
*Marlinette Newman is ’n vryskut haar- en grimeerkunstenaar van Kaapstad.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.