kategorieë: Wenke

Waks vir ’n sensitiewe vel

Vraag:
Ek kry soms klein, rooi knoppies op my vel nadat ek gewaks het. Waarom kry ek dit en moet ek eerder waks vermy?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Antwoord:
Klein knoppies wat vorm nadat die haartjies verwyder is, is ’n teken van ’n vel-irritasie. Sekere veltipes is meer geneig daartoe omdat hulle meer sensitief is. In elke salon behoort daar ’n opsie van waks vir sensitiewe velle beskikbaar te wees. Probeer dit gerus ’n volgende keer. Onthou ook om voor die tyd geen afskilferingsprodukte te gebruik nie, geen grimering te dra nie en na die tyd behoort jy nie in die son te kom, jou gesig met warm water te was of rome en grimering te dra nie. Dit is ook belangrik om nie direk na ’n waksbehandeling aan die vel te raak nie, aangesien bakteriee op die vel infeksie kan veroorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ná die behandeling moet daar ook ’n kalmerende room aangewend word wat die kanse van irritasie kan voorkom. Indien die knoppies na ’n dag nog steeds baie sigbaar is, kan ’n kortisoonroom op die area verligting bring deurdat dit die bloedtoevoer na die area verminder en die inflamasie en jeukerigheid verminder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ander metodes soos “threading” (haar-verwydering) kan ook gedoen word. Dis ’n minder aggresiewe metode wat nie die vel irriteer nie en nie noodwendig knoppies veroorsaak nie. Hoë frekwensie-behandelings kan ook gedoen word ná die waks-behandeling omdat dit met die genesende proses help en antibakteries op die vel is.

*Isabel Roos is die uitvoerende direkteur van die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch en Pretoria.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.