Foto: Pexels.
Eiers is so belangrik dat dit vandag wêreldwyd gevier word. Ons het van ons gunstelingresepte en -wenke vir jou versamel sodat jy die dag saam kan vier! Maar voor ons begin, klik hier vir ’n dosyn eierfeite.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Probeer vandag een van hierdie interessante resepte ter viering van die veelsydige eier:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }• Hier is ’n romerige eiergebak wat heerlik is saam met ’n lekker sny plaasbrood. Hierdie resep wys jou ook hoe om ’n eier te posjeer, wat jy definitief saam met ons hollandaise-sous moet eet.
• Met hierdie Turkse ontbyt word eiers in jogurt en speserye gebak – nié ’n vervelige resep nie!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Hierdie warm spek-en-eierslaai is ’n wonderlike manier om ’n slaai op te kikker.
• Vat die doodgewone hardgekookte eier en keer dit op sy kop met hierdie aspersie-en-bloukaasvulsel.
• Moeg vir gewone roereiers? Maak hierdie truffel-weergawe.
• Hou piekniek in die agterplaas (of op die sitkamervloer) met hierdie skotse piekniekeiers.
• Omtower die gewone eierbroodjie in ’n gourmet-happie met hierdie resep.
• Kry jou jong sjef om jou te help om hierdie romerige eiers met botterige roosterbrood te maak.
• Dit word weer tyd vir somervrugte en as jou groentewinkel reeds pruime het, probeer hierdie pruim-en-camambert omelet.
• Vir ’n nostalgiese resep wat jou sal terugneem na jare gelede se somerkuiers, hoekom maak jy nie hierdie gestolde groenteslaai wat gekookte eiers bevat nie?
• Franse roosterbrood is ook ’n heerlike manier om eiers te gebruik. Hierdie sjoko-Franse roosterbrood is beslis nie vervelig nie! Hier is ook ’n resep vir Franse roosterbrood met bloubessies.
• As jy nie lus is vir eiers nie, maak sommer ’n tuisgemaakte mayonnaise. Ons wys jou hoe om dit te maak, en ons gee ’n paar variasies.
#rooirosewenk: Eiers is meer veelsydig as net ontbytkos, hou vanaand “brinner” (breakfast + dinner) met van hierdie ontbytresepte.
Sjoko-Franse roosterbrood
Jy hoef nie net eiers in jou kombuis te gebruik nie. Het jy geweet jy kan ’n haarmasker maak met eiers wat jou hare sal versterk?
#rooirosewenk: Diegene met droë of bros hare hoef net die eiergeel te gebruik. Maak ’n meringue met die eierwit!
Het jy al ooit gewonder of eiergeel gesond is vir jou? In hierdie artikel bespreek ons alles wat jy van eiergeel behoort te weet.
Foto: Pexels
#rooirosewenk: As jy kinders het, hoekom speel julle nie “vrot eier” of hou ’n eier-en-lepel resies in die agterplaas nie? En al is dit nie Paasfees nie, kan jy ’n eier-skattejag hou, of selfs eiers versier.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.