kategorieë: OuerskapJou lewe

Douvoordag: ons ouerskap-avontuur met Ren

Douvoordag: ons ouerskap-avontuur met Ren deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jattie en Ilse  het hierdie vrae saam-saam in November 2018 beantwoord, toe Ren 18 maande oud was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Watter rol speel musiek in julle lewe?
Musiek is onlosmaakbaar deel van elke dag – nie een dag gaan verby sonder dat ons musiek luister of maak nie. Jattie se oupagrootjie en Ilse se oupa was natuurlik musikaal en het verskeie instrumente op gehoor gespeel. Ons het altwee in huise groot geword waar ons baie blootstelling aan musiek gekry het. Jattie is klassiek opgelei in kitaar en klavier, maar het eers op sy eie musiek begin maak toe hy  op hoërskool ’n passie vir musiek en prosa skryf ontdek het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons het ook deur musiek ontmoet – ons het albei in universiteitskore gesing (Stellenbosch en Tuks onderskeidelik) en mekaar deur gemeenskaplike vriende van beide kore raakgeloop. Om musiek as ’n gedeelde belangstelling te hê is ’n wonderlike ding en common ground in ons huwelik. Musiek gee die lewe kleur en is ’n geweldige geskenk om die lewe mee te kan geniet, maar dit is ook ’n voertuig waarmee mens verandering om jou kan bewerk, mismoediges kan optel, en nuwe perspektief en hoop kan gee. Ons gee ook daardeur uitdrukking aan ons storie op ’n manier wat die emosie van wat ons ervaar vasvang.

Vertel meer oor Ilse se swangerskap

Jattie se ervaring: Ek het altyd gedink swanger vrouens het snaakse cravings, jy hoor van vrouens wat 02:00 in die oggend McDonald’s soek of grond wil eet. Genadiglik was Ilse se eetlus heel normaal (ek hoef nooit in die nag te gaan McDonald’s soek het nie) en was sy geseënd met die minimum ongemak en kwale. Sy het wel teen die einde gesukkel om te slaap, en meer as enigiets was ek bewus van die grootheid daarvan om ’n lewe binne jou te dra. Mans sal dit nooit werklik verstaan nie en ons hoort ons vrouens uitermatige erkenning te gee vir die opofferings wat hulle maak met hulle lywe.

Haar swangerskap was die tyd wat ek moes deal met swaar vrae, en soms bekommernisse oor hoe dit mens se lewe gaan beïnvloed en of mens opgewasse is vir wat kom. Ek het in hierdie tyd begin dink oor die tipe pa wat ek wou wees. Wat dit beteken om my seun se naam te kies en wat dit oor hom sê. Vreemde tannies wou ook oral in winkelsentrums ensovoorts aan Ilse se maag raak, wat vir my weird was. Maar ook opmerklik hoe dit ’n gedeelde menslike ervaring is wat die sosiale boundaries tussen mense laat verdwyn.

Ilse se ervaring: Dit was regtig vir my ’n maklike swangerskap, behalwe vir die pregnancy insomnia die laaste maand of twee 🙂 Ek het nog bestuur die dag voor Ren gekom het en kantoor toe gegaan. Dit was ’n wonderlike ervaring toe ek hom die eerste keer voel beweeg en skop het, regtig magical!

Oor Ren se geboorte:
Ons was nie regtig bekommerd oor die geboorteproses nie. Ons het geweet dis die regte tyd vir Ren om te kom en het vertroue gehad dat alles goed sal gaan.

Jattie het nie verwag om oorweldig te wees nie. Hy is redelik gereserveerd met sy emosies, maar toe hy Ren vir die eerste keer sien, het die damwalle gebreek. Selfs die dokter het vir Jattie gevra of hy ’n tissue soek. Daar is net geen ander manier om dit te beskryf as “’n wonderwerk” nie. Baie mans sê dat hulle sukkel om konneksie met nuutgebore kinders te voel – dis mos die ma se ding. Maar Jattie het van die oomblik wat Ren gebore is baie naby aan hom gevoel.

Hoe was julle ouerskapervaring in die eerste paar weke?
In ’n oogwink is daar iemand anders in jou lewe vir wie jy enigiets sal doen en gee. Dis nie rasioneel nie – babas maak baie onttrekkings uit jou lewe se rekening, maar die liefde is groot en dit maak van die ander dinge bysake.  Die aanpassing in die eerste paar weke het makliker gekom as wat ons verwag het. Mens skop net in ’n ander rat in en instink vat oor. Ons kon nie wag om hom vir almal te wys nie en mens se opgewondenheid oor die nuwe seisoen oorskadu die uitdagings.

Ren was die maklikste baba – hy het vinnig deurgeslaap en bitter min geskree. Hy het ’n liewe, rustige geaardheid en ons kon nie vir ’n beter intreeslag in ouerskap gevra het nie. Ons het die meeste dinge wat gedoen moes word ook saam gedoen (bad, kosgee, ens). Behalwe borsvoed. Jattie het dit maar vir Ilse gelos 😉

Daar is middel-van-die nag geselsies, dansies maak, balle skop en nuwe babawoorde ontsyfer

Ons was baie bevoorreg om altwee vir 6 maande die meeste van die tyd by die huis saam met Ren te wees en ons kon altwee ons werk doen as hy geslaap het, of in die aand. Hy het baie in ’n sling teen een van ons se bors gelê en slaap terwyl ons gewerk het en dit was magical.

Hoe voel dit nou om ouers te wees?
Dis nou ’n jaar en ’n half later en ons is aangepas. Mens kan jou nie die lewe sonder hom indink nie – ouerskap is die beste belewenis  en grootste seën wat enige mens kan beleef. Ons het soveel vriende wat sukkel om kinders te kry, en die besef dat dit ’n voorreg en ’n verantwoordelikheid is weeg swaar. Ons geniet hom verskriklik. Daar is middel-van-die nag geselsies, boekies saam lees, liedjies sing, dansies maak, balle skop en nuwe babawoorde ontsyfer. ’n Klein seuntjie in die huis bring baie vreugde en ons doen ook meer dinge saam omdat hy by ons is. Dit voel natuurlik om ’n ouer te wees, asof mens gebou is daarvoor.

Wat is die wonderlikste dinge omtrent Ren?
Ons is seker ’n bietjie bevooroordeeld, maar Ren is regtig spesiaal in ons oë. Buiten dat hy bitter mooi en slim is het hy ’n baie vredeliewende geaardheid. Waar ons ookal gaan, groet hy vreemdelinge met oorgawe en met ’n luide “HAWOU!” en ’n waai van die hand. Hy is uitreikend, sal maklik vreemde kinders nader om te speel, en deel wat hy het. Hy is altyd reg met ’n glimlaggie vir almal. Hy sing al agter Ilse aan op die noot!

En die grootste uitdagings van ouerskap?
Op hierdie stadium is dit die praktiese dinge en om die logistiek te bestuur. Met elke optrede of onderhoud moet ons besluit wat die beste vir Ren sal wees en hoop Ouma is beskikbaar om te kyk. Verder is die grootste verantwoordelikheid (nie regtig ’n uitdaging nie) net om seker te maak hy weet ons is daar en om baie tyd saam te spandeer – kleintjies het dit nodig om veilig te voel en selfvertroue te ontwikkel.

Dit voel natuurlik om ’n ouer te wees

Het julle ’n goeie steunstelsel?
Ons maak dit werk! Hy is ons eerste prioriteit en ons neem nie projekte, onderhoude of vertonings aan as ons weet dit gaan tot sy nadeel wees nie. Ren is baie bevoorreg met wonderlike oupas en oumas wat hom graag by hulle wil hê.

Ons drome vir Ren …
Baie van ons drome vir Ren is vasgevang in sy liedjie op ons album Die Avontuur. Ons droom lê nie soseer in wat hy doen nie maar wie hy is. Sy naam beteken “Heerser, wysheid en vernuwing (vanaf Renaissance)”. Dus, dat hy Geesvervuld, naby Jesus sal lewe en die rede hoekom hy op aarde geplaas is sal ontdek en uitleef, dat hy as ’n seun van God die heerskappy van Sy Koninkryk sal laat kom waar hy ookal sy voete sit, en dat vernuwing en herskepping van gebroke mense sal volg waar hy met hulle in aanraking kom.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.