kategorieë: Video'sOntspanning

Twee brakke,’n bok en ’n boontjieveld

Twee brakke,’n bok en ’n boontjieveld – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verbeel jou dié prentjie: ’n Swart Labrador, ’n wit Labrador en ’n bok hardloop deur ’n boontjieveld … Ja, ’n bok! Dit klink soos ’n verhaal uit ’n kinderstorieboek, maar dít is presies wat Kyle Krier van Concordia in Kansas op video vasgevang het – en net die swart Labrador is syne!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyle Krier se vrou Laura, het die vorige aand soos oudergewoonte hulle troetelhond (’n swart Labrador genaamd Bo) uitgeneem om ’n draaitjie te loop voordat hulle gaan slaap vir die nag. Maar Bo het eenvoudig net nie weer huis toe gekom nie… Dít is tog enige troeteldierliefhebber se grootste vrees!

“My vrou het vir my vertel dat daar ‘n ander wit hond in ons tuin was, en dat sy vermoed dat Bo saam met hóm die pad gevat het,” het Kyle aanlyn geskryf. “Ons het orals gesoek en kon hom nie vind nie. Ons het toe maar besluit om huis toe te gaan en daar te wag vir hom. Maar hy het net nooit opgedaag nie. Ek het die volgende oggend vroeg uitgegaan om hom te gaan soek, maar weereens sonder sukses.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nadat Kyle byna alle hoop verloor het dat Bo sal terugkom, het hy tot sy verbasing ’n oproep ontvang waarin Laura vir hom vertel het dat daar ’n hond wat soos Bo lyk deur iemand in die dorp raakgesien is. Maar dié hond was nie alleen nie …

“My vrou het ’n oproep gekry dat iemand sopas ’n swart Labrador,’n wit Labrador én ’n bok in ’n veld sien speel het. My vrou het my gebel om die nuus te vertel en ek het dadelik geweet dat dit beslis net ons hond kan wees wat so iets sal aanvang.”

Kyle het in sy rooi bakkie geklim en na die plek toe gery waar die groep laaste gesien is. Binnekort het hy die toneel gesien wat sy buurman beskryf het. Hy het gesien hoe Bo rondhardloop, gevolg deur twee ander diere waarvan een ’n bok was. Kyle het vir Bo geroep en toe verfilm wat daarna gebeur het.

“Ek het afgevat by die werk om hulle te gaan soek. En daar kry ek toe waaragtig dié vreemde groep vriende aan die oostekant van die hoofweg in ’n boontjieveld.”

Die video wat Kyle geneem het van Bo se terugkeer het sedert 12 Januarie 2019 meer as 200 000 views op YouTube gekry. Sy oorspronklike video op Facebook is reeds meer as 10 miljoen keer gekyk, is meer as 178 000 keer geshare, en 29 000 mense van regoor die wêreld het op sy video kommentaar gelewer.

Soos dit blyk, is die wit Labrador en bok nie onbekende karakters vir die Krier-gesin nie. Die twee is Ozzy en Libby, en hulle behoort aan die Krier’s se bure, Chris en Shawna Huggans.

Loer hier na die video:

“Dit was een van daardie stories wat jy vir jou familie en vriende vertel en hulle glo jou nie,” het Kyle gesê. “Maar dan kyk jy na die video en sien dat dit régtig gebeur het.”

Bo en sy gesin:

Dit is duidelik dat Bo beslis ’n handvol kan wees as ’n mens Laura se Instagram-inskrywing lees:

Ons is bly om te kan sê dat Bo, Libby en Ozzy veilig tuis is. En dat die Krier-gesin ’n skreeusnaakse en bisarre storie het wat ’n mens slegs kan glo as jy eers die video gesien het.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.