kategorieë: Ons menseBekendes

Elma Postma: nuwe toekoms wink

H … vir Hollywood

Ek hou daarvan om in karakters in te klim, veral glamorous vroue uit die silwerdoek-verlede. Hulle was die voorlopers van die glam- Hollywood-era. Ek is dol op die atmosfeer van swart-wit foto’s. Ek hou ook daarvan om te sien hoe die raaisel in murder mystery-boeke en -flieks uiteindelik op slim maniere ontrafel word. Dis die soort rol wat ek nog wil speel. Dit sal heeltemal anders wees as enigiets wat ek al voorheen gedoen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

L … is vir lewensfilosofie

Henry Drummond het gesê: “You will find,as you look back on your life, that the moments that stand out are the moments when you have done things for others.” Hy’t iets beet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat beteken al die geld in die wêreld, al die mag en sukses as jy vanaand alleen en eensaam is? Wees lief vir ander, respekteer hulle, werk hard en moet jou nie te ernstig opneem nie. Moenie so bekommerd oor môre wees nie.

As jy vandag jou deel doen en elke oomblik ten volle beleef, sal jy more oukei wees. Ek is gedrewe en ’n perfeksionis. Ek hou daarvan dat dinge reg gedoen moet word. Ek hou nie baie van kritiek nie – hoewel ek bly is oor opbouende kritiek sodat ek as mens en aktrise kan ontwikkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek werk hard en probeer om altyd professioneel te wees – dis vir my lekker as projekte suksesvol is. Ek is soms te hard op myself en my eie grootste kritikus, maar dit raak ook beter namate ek besef dat ek “genoeg” is en nie altyd die beste hoef te wees nie.

L … vir lang reise

Ek is mal daaroor om in Suid-Afrika te reis. ’n Road-trippie in ’n motor is lekker maar natuurlik is dit wonderlik om die wêreld oorsee te gaan verken. Dit was nog altyd een van my groot drome om Rome te besoek en ek was sowat drie jaar gelede daar. Die stad het my wildste verwagtinge oortref. Alles wat jy op foto’s sien, is net soveel beter wanneer jy daaraan kan vat, die geure kan beleef …

Die geskiedenis van elke plek, elke ou gebou, fassineer my. Ek sou, as ek nog iets anders kon doen, ’n geskiedkundige en ’n argeoloog wou wees. Daar lê vir my ’n romantiek in die oue en in die verlede.

Y … vir ydel?

Nee, nie ek nie! Maar ek hou van mooi lyk en pas graag my voorkoms by rolle aan. Ek het al my haarkleur verander, kort tot baie kort hare gehad, maar ek is die gemaklikste met die kleur en lengte soos dit nou is. Dis maar die aard van my werk. ’n Mens kan nie te bang vir verandering wees nie, anders stagneer jy en weerhou jy jou van moontlikhede. Ek het in ’n standvastige huis groot geword.

Ek is ’n perfeksionis en boonop soms konserwatief. Ek het nie daardie “drang” om anders en rebels te wees nie. Buitendien kan goeie maniere en korrekte optrede nogal groot waarde in hierdie lewe hê. Dit beteken glad nie dat ek nie avontuurlustig is nie. Ek is wie ek is en gemaklik in my vel. Dis onmoontlik om almal tevrede te stel.

O … vir omgee

Wat is die belangrikste wanneer dit by liefdadigheid kom – jou geld of jou tyd? Ek kan nie noodwendig met geld ’n voldoende verskil maak nie en gee my tyd. Daar is soveel mense wat alleen in kamertjies in ouetehuise sit, verwerp en vergete en sieklik. Hulle dae sal opgehelder word as iemand omgee – ’n bietjie vir hulle lees, hul hande vashou of dalk ’n lekker dingetjie bring om te eet.

Ek het ’n sagte plek vir oumense omdat ek baie na aan my ouma was. Ek was ook al betrokke by die Susan Strijdom-tehuis vir Bejaardes in Pretoria. Hulle maak byvoorbeeld elke Kersfees met hul Grysjare-omgee-projek seker dat elke mens in die tehuis op Kersdag ’n mooi geskenkie kry.

Dit maak darem die dag so ’n bietjie spesiaal en help om die nood en eensaamheid te verlig. Ek werk nie vir ’n spesifieke liefdadigheidsorganisasie nie maar uit die aard van my werk kom ek met verskeie instellings, kinders, armes en oues in aanraking en ek gee van my tyd wanneer dit moontlik is.

Project Chance to Change is vir my spesiaal. Mense weet gewoonlik nie waar om te begin help nie. Ek wil hulle aanmoedig om die nood in hul eie omgewing raak te sien en ander daarvan bewus te maak.

Chance to Change versprei inligting. Sosiale media is so groot deesdae dat ons mekaar so maklik van mense in nood kan vertel. Ek bewonder mense soos Hanna Grobler en haar www.hannacharity.org Sy gee om en werk hard vir iets waarin sy glo. Dis vir ons almal ’n les – as jy iets vir iemand anders doen, hoef jy dit nie aan die hele wêreld te verkondig nie. As jy ’n verskil gemaak het, is dit genoeg.

O … vir ons gesin

Ek kom uit ’n hegte gesin. Ek was bevoorreg om van kleins af tussen mense te wees wat my liefhet en vir my omgee. Ek het nog altyd ’n dak oor my kop gehad en genoeg om te eet. Daar was altyd ondersteuning en motivering om nuwe dinge te probeer, projekte aan te pak, nie bang vir die lewe te wees nie.

My ouers, Fanie en Elmarie, wat op Klerksdorp woon, is my steunpilare en my beste vriende. Ek kan vir hulle enigiets vertel. Hulle is ook my raadgewers en ek kan hulle enige tyd bel. My broer, Ignatius, en sy vrou, Belinda, en hul twee dogtertjies is net so ’n wonderlike deel van my lewe.

Elke oomblik saam met hulle is kosbaar. Dis so belangrik om aanvaar te word – ons almal soek maar daarna. Ek wens ek kan vir elke kind genoeg aanvaarding gee om te kan oorleef. Koestering ook, maar bowenal is dit die liefde waarsonder hulle nie kan klaarkom nie.

D … vir droomrolle

Elke rol en persona waarin ek as aktrise klim, is vir my ’n uitdaging. ’n Nuwe fase in my lewe. Dezi en Bea het vir my soveel deure geopen en alles wat daarmee gepaardgegaan het, het van my ’n baie sterker mens gemaak.

Ek bly dankbaar dat ek die afgelope sestien jaar soveel geleenthede in die bedryf kon kry. Om ’n aanbieder te wees is vir my net so lekker soos om in ’n karakter te delf. Nie een van die twee is maklik nie en dit verg guts en avontuurlus, soms selfs ’n bietjie roekeloosheid om daardie grense oor te steek wat jou in staat stel om goeie werk te doen.

Voorlopig sal ek hierdie adrenalien vir niks anders verruil nie. En weer eens, dit help jou om in hierdie bedryf te oorleef indien jy jou nie te ernstig opneem nie.

Ek koester mooi herinneringe aan elke karakter wat ek vertolk het en elke mens wat deel was van hierdie ongelooflike “werke”. Maar die opwindende, onbekende (droomrolle) wink.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.