kategorieë: ReisOntspanning

Ernst Grundling neem Elders Frankryk toe

Erns Grundling se voete het hom al sedert 2018 se eerste Elders-reeks, ver paaie laat loop – in Suid-Afrika én in die buiteland.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vier jaar gelede, met die Rugbywêreldbekertoernooi in Japan, het Erns dié land voor die tyd besoek en kykers ’n voorsmakie gegee van die land waar die Springbokke uiteindelik die toernooi op 2 November 2019 gewen het toe hulle Engeland met 32-12 verslaan het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vanjaar is dit weer tyd vir die Rugbywêreldbekertoernooi wat op 8 September in Stade de France in Saint-Denis, noord van Parys, afskop met die Franse wat teen die All Blacks speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En weer gaan Elders vir ons ’n voorsmakie van die gasheerland gee. Erns en die Elders-span het van einde Maart tot vroeg Mei vanjaar Frankryk besoek en gaan in die nuwe seisoen nie net ’n nadere blik op die rugbytoernooi gee nie, maar ook met Suid-Afrikaners wat in Frankryk woon – insluitend ’n hele paar rugbyspelers – praat. Van die land se mooiste plekke word besoek, insluitend die Via Podiensis Camino-roete, en natuurlik word daar lekker Frans geëet en gedrink.

Erns en rugbyster Dillyn Leyds. Foto: Verskaf.
Erns en kameraspan in Toulon. Foto: Verskaf.

“Ons het in Marseille, Frankryk se oudste stad, begin. Hulle is die gasheer op 10 September wanneer die Springbokke hulle eerste wedstryd in die toernooi vanjaar teen Skotland speel,” vertel Erns. “Ons het die reeks afgesluit op die Via Podiensis Camino-roete in Frankryk, in die bekende dorp Saint-Jean-Pied-du-Port naby die Pireneë. Dit was ’n spesiale eindbestemming, want ek was laas daar in Mei 2015 toe ek my heel eerste Camino begin het.”

Erns in Pireneë. Foto: Verskaf.
Erns wynproe Bordeaux. Foto: Verskaf.

Vanjaar se reeks verskil van verlede jaar se Elders toe Erns en verskeie gaste die Pelgrimstog van Hoop se Tuinroete tussen Uniondale en Mosselbaai gestap het. “Hoewel ek in vyf episodes van Elders: Frankryk die Via Podiensis Camino-roete stap, en ook in ander episodes die Le Chemin de Nietzsche stap en gedeeltelik die spore van die Franse Hugenote volg, reis ek ook met ’n Toyota-voertuig tussen dorpe en stede. Die reeks het dus ’n sterk leefstylfokus juis omdat die Franse kos en kultuur so baie bied. Ek kuier by verskeie bekende gaste, soos die sjef en TV-aanbieder Erik le Roux in Nantes en die geliefde skrywer Marita van der Vyver in die sprokiesmooi dorp Sarlat-la-Canéda.”

Erns en Erik le Roux in Nantes. Foto: Verskaf
Skrywer Marita van der Vyver. Foto: Verskaf.

Wat kan kykers van die nuwe reeks verwag?

“Hulle kan uitsien na pragtige landskappe, interessante karakters en Elders se kenmerkende naïewe humor,” sê Erns. “Ek hoop die reeks inspireer kykers om self na Frankryk te reis en hierdie wonderlike land te gaan verken.”

Elders word deur Bonanza Films vervaardig en moontlik gemaak deur Toyota SA, kykNET, Virseker, Ekseketeurs en Leopard’s Leap.

Kyk hier na die voorskou:

  • Elders: Frankryk begin op Maandag 3 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Lees ook: Hartklop: kykNET se eerste hospitaaldrama-reeks gaan kykers boei

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

21 mins Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

18 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

21 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.