kategorieë: KalenderOntspanning

Feestelike geldinsameling

Vanjaar het 5 For Change weer vyf begunstigdes uit van Suid-Afrika se innoverendste maatskaplike ondernemings gekies. Ikhaya Le Langa, Numeriese, Sunshine Cinema, Dine with Khayelitsha en Community Keepers verteenwoordig die voorpunt van sosiale impak en gemeenskapsontwikkeling in Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Catalyst Program sal ook op die aand bekendgestel word. Die program sal deurlopende mentorskap en ondersteuning gee aan geselekteerde begunstigdes om hul belangrike werk te bevorder en uit te brei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tot dusver het 5 For Change meer as R700 000 ingesamel en meer as R30 miljoen publisiteitswaarde aan 25 begunstigdes gegenereer. Vanjaar se byeenkoms sal na verwagting die impak verhoog deur ’n groter gala-aand aan te bied, sê Adriaan Dippenaar, een van die organisasie se medestigters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons is trots op wat 5 For Change in die afgelope vyf jaar bereik het asook vir die wonderlike begunstigdes waarop ons kon fokus. Ons is ook dankbaar vir die gaste, borge en vennote wat ons bymekaar kon bring. Maar ons het nou ’n punt bereik waar ons as ’n organisasie, as ’n stad en as ’n land ’n groter bydrae sal moet maak om sosiale verandering te bewerkstellig. Ons beskou vanjaar se byeenkoms en vennootskap met 2017 se begunstigdes as ’n manier om ons bydrae tot hierdie verandering te verhoog. En ons moedig Kaapstad aan om by ons aan te sluit!”

Die bekende Siv Ngesi is terug as seremoniemeester en een van die vorige gunstelinge, The Kiffness, een van Suid-Afrika se bekendste elektroniese musiekgroepe, sal die gehoor vermaak met hul jazzy huismusiek en lewendige ritme.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gaste sal die begunstigdes persoonlik kan ontmoet en ook kan meeding vir ’n prys as bes geklede. Daar sal ’n veiling wees van luukse items en verskeie ander interaktiewe geleenthede waar jy pryse kan wen.

Drankies, vonkelwyn en smulhappies sal in oorvloed beskikbaar wees.

Vir inligting oor kaartjies, tafels vir eregaste, borgskappe of skenkings kan die 5 For Change-webwerf by 5ForChange.co.za gekontak word. Stuur ’n e-pos na robyn@5forchange.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.