kategorieë: KalenderOntspanning

Gauteng Getaway-skou is terug!

Die Gauteng Getaway-skou is een van die grootste reis-, buitelug- en avontuurskoue in die land.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Meer as 400 uitstallings kan besigtig word en meer as 20 000 besoekers word verwag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die skou bied letterlik alles vir mense wat van die buitelewe hou. Daar is ook genoeg om reis-entoesiaste te interesseer. Vir avontuurlustiges is daar onder meer strand-vlugbal, strandtennis en kleiduifskiet. Fotografiese werkswinkels word ook aangebied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Besoekers kan op ’n kombuisreis gaan by die Gin and Wine Village waar musiek en die biertent van die trekpleisters sal wees.

Stalletjies bied ’n verskeidenheid inligting oor reisgeleenthede, kamptoerusting, 4×4-produkte, woonwaens en avontuur-sleepwaens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Besoekers kan deelneem aan verskeie kompetisies en kan ook baie korting op produkte te wagte wees. Daar is ’n spesiale afdeling wat kinders besig hou.

Die skou is op 23 en 24 September oop van 9:00 – 18:00. Op Maandag, 25 September is dit oop van 09:00 – 16:00.

Kaartjies is beskikbaar by die hek of aanlyn by getawayshow.co.za. Volwassenes betaal R80 vir Saterdag en Sondag en na 15:00 betaal hulle R40. Maandag se toegang is R80. Pensioenarisse ouer as 60 betaal R40. Kinders van 12 en onder geniet gratis toegang. ’n Gesinskaartjie (gesin van vier) kos R150 per dag.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: dagboek

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.