Genoeg vir 1 koek
Bestanddele
- 1 x 200 g sjokoladekoekies, soos Chockits
- 50 g botter, gesmelt
- 100 g Lindt-melksjokolade, gekap
- 1 x 385 g-blik kondensmelk
- 2 x 250 g-houers roomkaas
- 2 eiers, liggies geklits
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n 22 cm x 6 cm-losboompan of ’n reghoekige 35 cm x 11 cm x 5 cm-losboompan met kleefwerende kossproei.
- Maak die koekies fyn in ’n voedselverwerker. Gooi die botter by en meng goed. Druk die koekiekors in die pan en sit in die yskas.
- Smelt die sjokolade in ’n dubbelkoker. Gooi die kondensmelk by en meng goed. Skep die roomkaas lepelgewys by en roer tot glad.
- Gooi die eiers by en meng weer tot glad. Gooi die mengsel stadig in die kors. Bak vir 20-25 min. tot geset.

