Gebakte koningklip met bros parmaham en suurlemoenkoeskoes
Ingredients
- 4 x 170 g-koningklipfilette
- 30 ml (2 e) gesmelte botter om mee te verf
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 suurlemoen, in skywe gesny
- ’n hand vol tiemietakkies
- 4 papierdun lappies parmaham
- Koeskoes
- 250 ml (1 k) koeskoes
- 250 ml (1 k) kookwater
- 30 ml (2 e) botter
- sap en fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 100 g (1 pakkie) gevlokte amandels, gerooster
- 250 ml (1 k) ertjies, gaar
- ’n hand vol Italiaanse pietersielie, gekap
- 60 ml (¼ k) parmesaankaas, fyn gerasper
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1. Verf die filette met botter, geur na smaak en sit in ’n oondpan op die suurlemoenskywe. Strooi die tiemie rondom en bak vir 10 min.
2. Meng intussen die koeskoes en water in ’n bak, bedek en laat rus vir 5 min. Krap met ’n vurk om die korrels los te maak en meng die res van die bestandele deur die koeskoes.
3. Haal die vis uit en bedek elke mootjie met ’n lappie gefrommelde parmaham. Bak vir nog 10 min. of tot gaar. Sit voor met die suurlemoen-koeskoes.
Vlok die oorblywende vis by die res van die koeskoes en roer deur. Sny 1 avokado in blokkies, sprinkel suurlemoensap oor, geur met sout en swartpeper en roer ook deur
die koeskoes. Skep in pitabroodjies, of pak dit net so in.
Rooi Rose
Lees Meer
Waatlemoen-pizza met gebraaide feta
15/11/2024
Rooswater-en-amandel-koek
05/11/2024