Genoeg vir 4 groot sosaties.
Bestanddele
- 180 ml (¾ k) perskeblatjang
- 60 ml (¼ k) lemoensap
- 45 ml (3 e) kerriepoeier
- 10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
- 7,5 ml (1 ½ t) fyn gekapte gemmer
- 10 ml (2 t) heel koljander
- 1 lourierblaar
- 1 skaapboud, ontbeen en in groot blokkies gesny
- 16 droëperskes
- 4 louriertakke of sosatiestokke in water geweek
Metode
- Meng die blatjang, lemoensap, kerriepoeier, knoffel, gemmer, koljander en lourierblaar in ’n klein kastrol. Kook vir 5 min. oor matige hitte, trek van die hitte af en laat afkoel.
- Sit die vleis in ’n groot glasbak en gooi die marinade oor. Marineer vir 2 tot 3 uur.
- Gooi kookwater in ’n bakkie en week die droëperskes vir 15 min. daarin.
- Ryg die lam en perskes om die beurt op die sosatiestokkies. Sit die sosaties terug in die marinade en marineer vir nog 2 uur.
- Braai oor matige kole vir 4 min. aan elke kant. Verf die res van die marinade oor terwyl jy braai.
