Genoeg vir 4 groot sosaties
180 ml (¾ k) perskeblatjang
60 ml (¼ k) lemoensap
45 ml (3 e) kerriepoeier
10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
7,5 ml (1 ½ t) fyn gekapte gemmer
10 ml (2 t) heel koljander
1 lourierblaar
1 skaapboud, ontbeen en in groot blokkies gesny
16 droëperskes
4 louriertakke of sosatiestokke in water geweek
1 Meng die blatjang, lemoensap, kerriepoeier, knoffel, gemmer, koljander en lourierblaar in ’n klein kastrol. Kook vir 5 min. oor matige hitte, trek van die hitte af en laat afkoel.
2 Sit die vleis in ’n groot glasbak en gooi die marinade oor. Marineer vir 2 tot 3 uur.
3 Gooi kookwater in ’n bakkie en week die droëperskes vir 15 min. daarin.
4 Ryg die lam en perskes om die beurt op die sosatiestokkies. Sit die sosaties terug in die marinade en marineer vir nog 2 uur.
5 Braai oor matige kole vir 4 min. aan elke kant. Verf die res van die marinade oor terwyl jy braai.