Genoeg vir 10 stokkies.
Bestanddele
- 1 groot papaja of spanspek, geskil en pitte uitgekrap
- 10 lappies parmaham
- 20 groot basiliekruidblare
Sous
- Meng 75 ml olyfolie, 30 ml balsemiekasyn, 10 ml lemmetjiesap en 5 ml bruinsuiker. Geur met sout.
Metode
- Sny die papaja in happiegrootte blokkies.
- Vou die parmaham in konsertinavoutjies en steek op ’n lang stokkie.
- Vou ’n basiliekruid-blaar en ryg ook op die stokkie.
- Ryg ’n papajablokkie op elke stokkie en voltooi met ’n basiliekruidblaar.
- Herhaal met die res van die bestanddele op die ander stokkies.
- Sit met die balsemieksous voor.

