Genoeg vir 6
Bestanddele
- 6 perskes, middeldeur gesny, pitte uitgehaal
- 30 ml (2 e) versuikerde gemmer in stroop, gekap
- 45 g botter, gesmelt
- 80 ml (⅓ k) esdoring- of gouestroop
- 250 g aarbeie
- 375 ml (1½ k) hawermout
- 30 g (½ k) gevlokte amandels
- 50 g (½ k) pekanneute
- 100 g pistasieneute
- 20 g pampoensaad
- 20 g gevlokte klapper
- 45 ml (3 e) giers (millet)
- 45 ml (3 e) bokwiet (buckwheat)
- 10 ml (2 t) fyn kaneel
- 5 ml (1 t) fyn gemmer
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Voer ’n middelslag-bakplaat met bakpapier uit.
- Meng die gemmer, botter en esdoring-stroop in ’n bakkie. Hou eenkant.
- Meng ’n ¼ van die bottermengsel saam met die perskes in ’n mengbak.
- Skep die perskes op die voorbereide bakplaat en bak vir 15 min.
- Voeg die aarbeie by die perskes en bak vir nog 10 min.
- Krummellaag: Meng die hawermout, amandels, pekan-en pistasieneute, pampoensaad, klapper, giers, kaneel, bokwiet en gemmer in ’n mengbak.
- Voeg die oorblywende bottermengsel by en meng deur.
- Gooi die krummellaag oor die perskes en aarbeie.
- Bak vir nog 10-15 min. of tot goudkleurig. Sit met mascarpone-room voor.

