kategorieë: Ontspanning

Gebruik Pokémon Go veilig

Pokémon Go is ’n wêreldwye verskynsel, en al moet dit nog amptelik in Suid-Afrika beskikbaar gestel word, het dit nie gebruikers gestop om hierdie plek-gebaseerde werklikheidspeletjie op een of ander manier af te laai nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die speletjie gebruik jou foon se GPS en horlosie om te bepaal waar en hoe laat jy jou in die speletjie bevind. Pokémon verskyn dan op jou foon se skerm sodat jy hom kan vang. Meer gedaantes van Pokémon verskyn soos wat jy beweeg, afhangend van die tyd en plek waar jy is. Die idee is dat jy jou werklike omgewing moet verken om hom te kan vang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

5 wenke om Pokémon Go veilig te gebruik

Laai die app slegs van betroubare winkels af

Daar is reeds onbetroubare weergawes van Pokémon Go beskikbaar. Hou eerder by die Apple en Google Stores en kies eerder die weergawe van die app wat meer afgelaai is as enige ander app in die wêreld. Moenie in die versoeking kom om op ander, onbetroubare plekke te kyk wanneer die aflaai-tyd te lank na jou sin neem nie. Onthou, dit sal stadig wees omdat so baie mense die app probeer aflaai. As jy twyfel, kan jy die leër skandeer om te verseker die sagteware is veilig (slegs beskikbaar vir Android-gebruikers).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moenie met Google inteken nie

’n Verdere probleem wat ontstaan as gevolg van derduisende gebruikers wat die app probeer aflaai, is dat gebruikers sukkel om direk deur die Pokémon-webblad in te teken. Die speletjie se vervaardiger het daarom die opsie bygevoeg om met jou Google-rekenking in te teken. Die probleem hiermee is dat dit die aanvanklike iOS-weergawe uitsonderlike toegang tot jou Google-rekening gegee het. Die jongste weergawe van die speletjie maak melding hiervan, maar as jy sekondêre webblaaie soos Google of Facebook gebruik om in te teken, is daar baie oorwegings oor privaatheid wat jy moet opweeg voordat jy instem.

Bring ’n vriend en bly in openbare plekke

Stories van kinders wat afdwaal en verlore raak in vreemde plekke waar hulle nie hoort nie, is reeds besig om te versprei. Kinders moet deur ’n volwassene vergesel word en volwassenes moet ’n (verantwoordelike) vriend saamneem.

Bring ’n ekstra battery

Die Pokémon app eet jou batterylewe! Dit, saam met die feit dat jy moontlik kan afdwaal in plekke wat jy nie ken nie, kan jou in ’n moeilike (en moontlik gevaarlike) situasie laat beland. Dit is ’n goeie idee om ’n ekstra battery saam met jou te neem, in die geval van nood.

Wees verantwoordelik

Selfs al reis jy in ’n groep, bestaan die moontlik steeds dat jy gaan speel terwyl jy bestuur, die pad oorsteek sonder om aankomende verkeer dop te hou of selfs buite vreemdelinge se huise rond te kruip! Virtuele monsters is nie werd om ’n ledemaat (of ’n lewe) te verloor, of om gearresteer te word nie. Moenie dat die opwinding van die speletjie jou iets laat doen waaroor jy later gaan spyt wees nie.

Wenke verskaf deur ESET SA

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.