kategorieë: Verhoudings

Geesgenote

Louis & Lise se sienings – Louis

Vraag: Wat is jou siening van persoonlike vryheid?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Antwoord: Vryheid is ’n persepsie van hoeveel beheer jy het. Iemand kan sewe dae ’n week vir ’n baas werk, vyf kinders hê om te versorg, en dalk fisies gestrem wees, maar nog steeds persoonlike vryheid ervaar. Dit gaan dus vir my oor die ópsie om ’n keuse te mag uitoefen in enige situasie. Persoonlike vryheid is vir my van kernbelang, en iets wat ek eenvoudig nie bereid is om op te offer nie. Ek voel in dié opsig bevoorreg dat ek regtig persoonlike vryheid op alle vlakke van my lewe ervaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vraag: In “Wie is ek?” word angs die siekte van ons tyd genoem. Wat is die redes hiervoor, en hoe kan mense dit teenwerk? Het jy persoonlike ervaring van angs?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Antwoord: Algemene angs gaan daaroor dat ’n mens bang is vir wat kan gebeur, of jy nou realisties is of nie. Jy hoef bloot ’n koerant op te tel of na die nuus te luister om te verstaan waarom die mensdom kollektief bang is vir die toekoms. Die geskiedenis is ’n naakte getuienis van waarom ons regoor die wêreld ’n rede het om bang te wees vir die toekoms: die mensdom vernietig eenvoudig alles en mekaar teen ’n blinde spoed.

Ek was ’n angstige kind en jongmens, vol gretigheid om aanvaarding by almal te kry. Ek het dit darem deur die jare ontgroei, maar probeer nog steeds hard om nie te worry oor dinge waaraan ek niks kan doen nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vraag: Dit lyk soms of mense onseker voel of hulle gelukkig is. Watter vrae kan hulle vra om hulle lewe op ’n vervullender pad te plaas?

Antwoord: Ek dink baie keer dat mense dinge te ingewikkeld maak. Myns insiens is daar net ’n paar basiese vrae:

  • Wat presies wil ek in die lewe bereik?
  • Is ek bereid om die prys te betaal vir wat ek wil bereik? Indien nie, wat wil ek dan eerder hê?
  • Wat moet ek doen om te kry wat ek wil bereik, en hoe gaan ek dit doen?
  • Hoe gaan ek weet dat ek gekry het wat ek wou bereik?

Ek voel mense is baie keer onseker oor hulle lewensgeluk omdat hulle konstant bewus is van die negatiewe implikasies van hul keuses. Daar sal altyd negatiewe implikasies wees, en die “trick” is seker om vrolik met jou keuses te kan saamleef.

Louis & Lise se sienings – Lise

Vraag: In “Wie is ek?” skryf jy jy was vroeër geneig om keuses te baseer op hoe die wêreld werk pleks van wie jy is. Hoe benader jy dit nou?

Antwoord: Kyk, die wêreld het ’n sekere manier van sy eie – insluitende die samelewing, kultuurgroepe, ens. Maar vandat ek ’n beter begrip het van wie ék is, is dit vir my makliker om by die wêreld aan te pas.

Ek het byvoorbeeld altyd gevoel ’n mens moet sosiaal wees en gereeld tyd saam met ander mense, of dit nou familie of vriende is, spandeer. Ek vind toe uit dat ek ’n ekstrovert is, maar ’n “swak” ekstrovert. Nou moet jy net verstaan dat introversie en ekstroversie te doen het met hóé jy jou battery laai – by ander (ekstrovert), of alleen (introvert). So omdat ek ’n “swak” ekstrovert is het ek mense nodig, maar alleentyd is ook baie belangrik. Daar moet balans wees vir my om my battery gelaai te hou – om ander take en vereistes te verrig. “Sterk” ekstroverte moet baie meer tyd sáám met ander mense spandeer, want dít laai hulle battery.

Dit klink eenvoudig, maar net hierdie bietjie kennis het my lewe dramaties verander. My energie is soveel meer! Dan is daar nog soveel ander faktore wat ook ’n verskil kan maak, wanneer jy meer weet oor wíé jy is, dat ek 100% glo die kennis wat ek nou oor myself het help my om die eise van die lewe aan te pak.

Vraag: Watter vrese hou mense terug, en hoe gaan jy om met moontlike vrese wat jou terughou?

Antwoord: Ek dink ons almal se grootste vrees (myne ook) is om alleen te wees, maar wat alleen wees eintlik impliseer is dat niemand jou verstaan nie – dat jy nie ’n déélwêreld met ander het nie. Ons as mense is dan geneig om ander te probeer forseer om jou te verstaan deur hulle met informasie te bombardeer. Dit kan baie negatiewe terugvoer veroorsaak, wat jou teoreties net nóg meer isoleer. Ek probeer konstant om so met ander te kommunikeer dat hulle my verstaan, en dat ek hulle ook verstaan. Natuurlik kry ek dit nie altyd reg nie, maar ek hou aan probeer. Ek kan wel getuig dat noudat ek myself ’n klein bietjie beter verstaan, dit aansienlik help met hoe ek myself uitdruk, wanneer en teenoor wie.

Vraag: Hoe sien jy vroulikheid en hoe leef jy dit uit?

Antwoord: Ons het ’n paar maande gelede ’n episode gedoen op “Wie is ek?” vir vrouedag en daar het ek besef hoe vanselfsprekend ek my rol as vrou in die samelewing sien. Ek is baie dankbaar vir al die vroue wat soveel opofferings gemaak het vir my om vandag te kan werk, te kan leer en te kan bydra tot die samelewing. My fokus sal altyd op die individu wees, meer as op manlik of vroulik. Veral as dit kom by my beroep. Ons is almal mense en ons almal het struikelblokke. Dit is net belangrik om verskille in ag te neem wanneer fisiologie ter sprake is – voel ek!

Sien ek myself as vroulik? Ja, ek doen, maar net wanneer dit by oppervlakkig goed kom soos netjies lyk (alhoewel my styl baie tomboyish is). Ek hou van make-up dra, het altyd lipgloss in my handsak, ens.

Louis & Lise se boeke

*“Wie is ek?” deur Louis Awerbuck & Lise Swart, Naledi, 2014.
*Louis en Lise is medeskrywers van “Anderkant uit” deur Hanlie Retief, Tafelberg Uitgewers, 2015.

Besprekingsgroepe en werkswinkels

“Omdat weeklikse radio, Louis se praktyk en ons albei se skryfwerk ons baie besig hou, het ons begin dink aan maniere om op groot skaal ’n impak te maak,” sê Lise. “Ons het besef dat werkswinkels en besprekingsgroepe vir hoërskole, vrouegroepe, werkgewer/werknemerspanne en verhoudingsmaats (couples) daardie geleentheid bied.”

1 Hoërskole
o Wie is ek? – persoonlike verstaan en groei, persoonlike vaardighede
o Wie is ons? – vir groepe, bv leierskapsontwikkeling, interpersoonlike vaardighede
o Hoe hanteer ek/ons…? – Lewensvaardighede (bv boelie, verslawing, eetversteurings)

2 Vrouegroepe
o Wie is ek in my verskillende rolle? Die hantering/bestuur van verskillende lewenseise
o Die herkenning en hantering van Depressie en Angs as siektes van ons tyd
o Hoe kommunikeer ek effektief met die mense om my? – Vaardighede/wenke/praktiese interaktiewe oefeninge

3 Verhoudingsmaats
o 2-dag interaktiewe werkswinkel met beperkte aantal verhoudingsmaats (getroud of ongetroud)
o Die identifisering van wie individue afsonderlik in die verhouding is: Identiteit
o Hoe om ververhoudingsmaats se verskille positief te identifiseer
o Hoe om mekaar effektief te verstaan en geskille op te los.

4 Werkgewer/werknemerspanne
Drie-dag kursus vir die aanleer van effektiewe kommunikasievaardighede tussen alle partye betrokke

Meer inligting by www.wieisek.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.