kategorieë: HareSkoonheid

Gepoleerde platinum haarstyl

Met so ’n mooi haarstyl kan jy met trots jou grys hare wys!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is Ecaile?

Ecaile is die Franse woord vir skilpaddop en dit verwys na die haarkleur. Verskillende ondertone en skakerings skep ’n natuurlike voorkoms met lig en donker aksente. Gesmelte metale was die inspirasie vir die Wella-span.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die gepoleerde platinum-voorkoms

Hierdie pragtige voorkoms is van die Wella Couture Color Ecaile Collection Create Look Book. Die model, Roxanne (wat al modelwerk doen vanaf sy drie is) was na jare se modelwerk en blootstelling aan skoonheidsprodukte lus vir iets meer natuurlik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voor

So is dit gedoen

Kleur

Ligstrepies is aangewend van donker na lig met baie duidelike driehoekige vorms.

Stap 1

Begin agter en gebruik ’n vrye hand-tegniek om die mid-lengtes te verlig (pre-lighten). Wella se Blondor Freelights + Freelights Developer 9% is gebruik. Nadat die kleur genoeg gelug het, is dit afgespoel, gesjampoe en geneutraliseer.

Stap 2

Skep ’n stervorm bo-op die kop. Begin agter en werk met wye driehoek-seksies. Wissel twee verskillende skakerings van die Illumina-kleur op die mid-lengte en einpunte. Doen dit ook op die boonste seksie.

Snit

Stap 1

Vorm ’n perdehoef-seksie bo-op jou kop, 2 cm weg van die haarlyn. Definieer lengte deur in die middelste seksie te begin en sny jou skêr (slice) om tekstuur te skep. Beweeg na die kant, en hou die helfte van jou vorige seksie as riglyn. So sal ’n effense ronde vorm geskep word.

Stap 2

Beweeg na die voorste seksie deur die hare meer vorentoe te beweeg en in die gewenste lengte te sny. Neem die agterste hare b0-oor die voorste hare en bring die lengtes saam en volg die voorste laag.

Steilering

Spuit Wella EIMI Dry Me Dry Shampoo (R130) op die wortels. Gebruik knippies om hare vas te steek. Vir ’n meer moderne gevoel, moenie die einpunte saam oprol nie. Los dit om droog te word voordat jy die knippies weer uithaal.

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.