kategorieë: KosWinterkos

Geroosterde beesrib met geurige klapperrys

Geroosterde beesrib

Genoeg vir 6-8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 1,5 – 2 kg x 4 beesrib (rib-eye ribroast) – haal die rib 1 uur voor gaarmaaktyd uit die yskas
• 125 g botter
• 15 ml (1 e) fyngekapte knoffel
• 30 ml (2 e) Worcestershire-sous
• 6 takkies tiemie, fyngekap
• 15 ml (1 e) swartpeper • 5 ml (1 t) sout
• 30 ml (2 e) korrelmosterd

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Room die botter, knoffel, Worcestershire-sous, tiemie, swartpeper, sout en mosterd saam in ’n mengbakkie.
2 Smeer die rib met die gegeurde botter en sit die vleis in ’n groot, oondvaste bak.
3 Voorverhit die oond tot 220 °C. Rooster vir 20 min. Verlaag die hitte tot 190 °C en rooster vir nog 1 uur en 15 min.
4 Haal uit. Maak die bak liggies met foelie toe. Laat die vleis vir 20-25 min. rus voor jy dit sny.
5 Sny die rib in dun skywe en gooi die bottersous wat in die kastrol agtergebly het oor die vleis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geurige klapperrys

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• 15 g botter • 1 ui, fyngekap
• 2,5 ml (½ t) fyngekapte rooi brandrissie
• 5 ml (1 t) fyngekapte knoffel
• 10 ml (2 t) fyngerasperde gemmer
• 15 ml (1 e) garam masala
• 5 ml (1 t) borrie
• gerasperde skil van 1 lemoen
• 375 ml (1½ k) jasmynrys
• 250 g borriepatat, geskil en in blokkies gesny
• 1 x 400 g-blikkie klapperroom
• 180 ml (¾ k) water
• sout en swartpeper
• hand vol vars koljander, fyngekap
• granaatpitte vir bo-op (opsioneel)

1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Verhit die botter in ’n dieperige oondvaste pan oor matige hitte. Braai die ui, brandrissie, knoffel en gemmer vir 5 min. daarin. Voeg die garam masala en borrie by, gevolg deur die lemoenskil, rys en patats. Roer tot goed saamgemeng.
3 Voeg die klapperroom en water by en bring tot kookpunt. Bedek die pan met foelie en bak in die oond vir 30-40 min. of tot die rys en patats gaar is.
4 Sit saam met vars koljander voor.

Lees ook: Smullekker halloumi-en-groente-burger

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.