kategorieë: VerhoudingsJou lewe

29 maniere om te sê ‘ek het jou lief’

1 Skryf ’n liefdesbrief en seël dit in ’n bottel. Tap dan vir jou geliefde ’n heerlike skuimbad en laat dryf jou boodskap- in-’n-bottel tussen die borrels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2 Hou ’n skattejag … met jou as prys! Steek genommerde romantiese notas en sjokolade of ander bederfies op verskeie plekke in sy kantoor en by die huis weg.  Nommer hulle, en beloon hom met ’n spesiale verrassing as hy hulle almal opgespoor het. Besluit self wat die verrassing sal wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 Gee vir hom ’n bos spierwit rose met ’n enkele rooi roos tussenin, en skryf op ’n kaartjie dat hy kleur aan jou lewe gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 Sny ’n CD met al jul gunstelingromantiese musiek, of musiek wat julle aan spesiale oomblikke laat dink, en skryf ’n liefdesboodskap in die omslag. Maak seker dis in sy motor op Valentynsoggend en die man in jou lewe sal nie eens bewus wees van die spitsverkeer nie.

5 Pak ’n piekniekmandjie met sy gunstelingkos en gaan klim in die bed. Sorg vir mooi musiek en sagte kerslig. Sprinkel ’n klein bietjie van jou gunstelingparfuum op die gloeilamp vir ’n heerlike geur wat die hele vertrek vul. Voer mekaar, en kyk wat gebeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6 Herleef jul eerste afspraak. Spreek af om hom iewers te ontmoet en gaan stap daarna op die strand of in ’n park. Moenie oor kinders, begrotings, werk of die huishouding praat nie. Flankeer met hom, en neem ná die afspraak afskeid van mekaar asof julle na afsonderlike huise toe teruggaan … vergeet ’n slag van inhibisies en roetine en kinders, en word weer die sorgvrye, romantiese vrou wat hy leer ken het. Jy sal verbaas wees wat vir jou by die huis wag.

7 Gaan kampeer in ’n tent – verkieslik ’n tweemantent. Daar is min dinge so romanties soos vars lug, flonkerende sterre, ’n vuurtjie en uiteindelik ’n klein ruimtetjie.

Lees ook: 6 redes hoekom seks goed is vir jou

8 Wys die pad met roosblare. Of jy hom na die swembad wil lok, of kamer toe, of na die rusbank, strooi roosblare om te wys presies waar jy hom wil hê. En terwyl jy nou besig is, strooi sommer roosblare in die bed ook.

9 Voer mekaar druiwe. Of aarbeie en room.

10 Gaan stap, en hou hande vas.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor pynlike seks

11 Skryf al die redes hoekom jy lief vir jou maat is op afsonderlike klein papiertjies. Vou toe en gooi alles in ’n geskenkboks. En hou sy gesig dop as hy elke briefie oopvou en hardop lees.

12 Speel ’n bordspeletjie soos Monopoly of Trivial Pursuit, maar maak jul eie reëls. En wees kreatief met die “straf” én die belonings. Dink aan opdragte soos “trek jou hemp uit”, “soen my”, “vryf my voete”, “masseer my rug”, en maak die belonings ewe lekker.

Lees ook: Hoe depressie jou seksuele gesondheid beïnvloed

13 Skryf of druk ’n mooi liefdesgedig op ’n vel mooi papier, en sny dit in blokke op. Gee elke dag in die dae voor Valentynsdag vir jou geliefde een stuk van die legkaart.

Lees ook: Wat elke vrou oor menopouse en seks moet weet

14 Gee ’n paar liefdeskoepons, soos een ete by kerslig, een romantiese DVD, ontbyt in die bed.

15 Kyk ’n ou romantiese fliek saam: Dances with Wolves, City of Angels, Dirty Dancing, Ghost, Moonstruck, Notting Hill.

Lees ook: Wat jy moet weet oor seks en diabetes

16 Gaan vlieg ’n vlieër in die park.

17 Wat van ’n rit in ’n warmlugballon?

Lees ook: Hoe om beter oor seks te praat

18 Hou piekniek in die agterplaas. Onthou die aarbeie en vonkelwyn.

19 Koop twee waterpistole en jaag mekaar rond op die gras.

Lees ook: Wat jy moet weet oor kanker en jou verhoudings

20 Hou ’n kussinggeveg (en saboteer die kussings sodat die vere in ’n stadium letterlik waai).

21 Blinddoek die man in jou lewe en neem hom na ’n spesiale plek vir ’n onvergeetlike romantiese afspraak: ’n mooi gedekte tafel in die middel van die dieretuin, ’n piekniek op die strand, skemerkelkies op Tafelberg.

Lees ook: Hoekom mans dalk lae libido kan hê

22 Moenie in die slaapkamer slaap nie. Maak ’n krismisbed in die sitkamer, pak die vertrek vol kerse, speel sagte musiek en hou ’n piekniek op die vloer. Kyk daarna ’n romantiese DVD.

23 Doen iets wat heeltemal van jul gewone roetine en rituele afwyk. As julle nooit by ’n gedekte tafel eet nie, dek die tafel met jou beste eetgerei, mooiste kristalglase en vars blomme vir ’n romantiese ete, selfs al koop jy die kos. As ’n mooi gedekte tafel standaard is in jou huis, maak ’n vingerete en eet dit op ’n mooi kombers in die tuin.

Lees ook: Wat elke man en vrou oor erektiele disfunksie moet weet

24 Gaan verras jou liefie op kantoor met ’n piekniekmandjie. Konkel vooraf met sy sekretaresse dat sy ’n dringende afspraak vir daardie tyd moet aanteken. Onthou net om die kantoordeur agter julle toe te trek.

25 Koop ’n bak visse, en gee dit vir jou geliefde met ’n briefie: “Daar mag baie visse in die see wees, maar jy is die een vir my.”

Lees ook: Mans moet dokter toe gaan as hulle hierdie 7 tekens sien

26 Gee ’n geskenk met ’n belofte. Jy het nodig: 1 bottel olie of room om mee te masseer, 1 mooi geskenkboks, 1 vel sneespapier en 1 kaartjie waarop staan: “Ek ken iemand wat briljante masserings gee. Bel haar.” En jou telefoonnommer moet natuurlik onderaan staan.

Lees ook: Die mooiste versierings vir jou tuin vir Valentynsdag

27 Stuur 14 romantiese WhatsApp-boodskappe of eposse op die dag van die liefde.

28 Gaan besoek die planetarium en hou hande vas onder die sterre.

29 Onthou om te sê “Ek het jou lief.” Skryf dit in die stoom op die badkamerspieël, met ’n stok in die sand, met ’n straalvliegtuig in die lug of op ’n banier oor die hoofstraat, maar sê dit net!

Lees ook: Maak jy hierdie seksuele-etiket-foute?

Wetenswaardighede oor die liefde & Valentynsdag

  • Daar word jaarliks meer as ’n miljard Valentynskaartjies gestuur. Onderwysers kry die meeste hiervan, daarna kinders, ma’s en vrouens.
  • Mans koop die meeste blomme vir Valentynsdag. Minder as 27% vroue koop blomme vir hul geliefdes.
  • Ons gee tradisioneel rooi rose omdat dit Venus, die Romeinse godin van die liefde, se gunstelingblom was.
  • Kupido, die ander gewilde simbool van die liefde, was Venus se seun.
  • Waar kom die tradisie van soetgoed op Valentynsdag vandaan? Suiker was in vroeë eeue ’n baie skaars, duur item, en werklik iets waarmee jy jou liefde aan ’n geliefde kon bewys.
  • Die wêreld se oudste liefdesgedig dagteken uit 3500 v.C. en was op ’n kleitablet geskryf.
  • Al gewonder hoekom sê ons iemand dra sy hart op sy mou? In die Middeleeue het jong mans en meisies name uit ’n hoed getrek om te sien wie hul Valentyn was. Hulle moes dié naam dan ’n week lank op hul mou dra.
  • Die mooiste liefdesgeskenk van alle tye is waarskynlik die Taj Mahal in Indië. Hierdie paleis van die liefde is in 1634 in opdrag van keiser Shah Jahan gebou ter ere van sy vrou, Mumtaz Mahal, wat met die geboorte van die egpaar se veertiende kind gesterf het. Die paleis is eers 22 jaar later voltooi, en 20 000 werkers van Indië en Sentraal-Asië het daaraan gewerk.

Lees ook: Die dieper betekenis van seks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.