kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Wat jy moet weet oor die kuns van flirt

Die kuns van flirt deur Anet Schoeman. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kuns van flirt

Fliekhelde ken altyd die kuns van die regte woorde op die regte tyd.

“Was dit kanonvuur of my hart wat bokspring?” was Humphrey Bogart se gevleuelde woorde aan Ingrid Bergman in die 1942-fliek Casablanca.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jou pogings tot geselsies meer Forrest Gump as James Bond is, is alles nie verlore nie.

Klaarblyklik is oogkontak en ’n glimlag jou beste wapens.

En die maklikste manier om ’n geselskap te begin? Praatjies oor die weer.

Lees ook: Swaai uit vir hierdie verhoudingsslaggate

Flirt is vrolik

“Almal hou daarvan om goed te voel. As iemand met jou flirt, bevestig dit dat jy raakgesien word en oukei is, slaan Theo Malherbe van The Only Social Club die spyker op sy kop.

“Dis ’n vrolike manier om meer van iemand te wete te kom en te sien of hulle lekker geselskap kan wees. Dis ook ’n goeie manier om pret te hê sonder om jouself in die verleentheid te stel. As iemand nie belang stel nie, sal hy dit vinnig te kenne gee sonder dat jy afgejak voel.”

Theo, wat al tien jaar in die bedryf werk, sê mense begin terugkeer na die outydse manier van direkte gesigkontak eerder as Internet dating.

“Die probleem met sosiale media is dat bedoelings nie altyd so duidelik is nie en mense kan hul vingers lelik verbrand. Ek weet van ’n hele paar vroue wat groot bedrae geld verloor het. Wees straatslim as jy die sosiale media gebruik om ’n pasmaat te soek. En hou flirt lig en speels. In ’n era waar kommunikasie grotendeels op sosiale media geskied, het ons die kuns van gesels verloor en flirt is ’n speelse manier om vir die ander persoon ’n vinnige indruk van jouself te gee.”

Soms is dit moeilik om kontak te maak as daar baie mense om jou is en jy kan dalk jou pêrels van wysheid in die wind strooi sonder dat iemand daarop ag slaan. “Dan help ’n ligte aanraking,” sê Theo. “Nie opdringerig nie, net ’n aanraking op die skouer.”

Lees ook: 6 redes hoekom seks goed vir jou is

Almal hou van komplimente

“Komplimente gaan jou nie oral kry nie, maar dit maak vir seker deure oop. Solank jy opreg is, word komplimente altyd waardeer,” sê Theo.

“Kry ’n manier om die gesprek te laat vloei. As jy net sê: ‘Wow, jy lyk stunning!’ laat dit nie veel ruimte vir ’n geselsie nie. As jy sê: ‘Wow, mooi baadjie!’ kan iemand dalk uitbrei oor waar dit gekoop is.

“Hou dit eerlik en lighartig – anders klink jy dalk soos ’n sluiper. Indien moontlik, eindig met ’n uitnodiging om weer kontak te maak. ‘Kan ek vir jou koffie koop?’ ‘Dalk ’n ander keer?’ En gee jou selnommer of kry syne/hare.”

As jy ongemaklik voel om ’n man se nommer te vra, of nie seker is of hy belang stel nie, sê: “Ons het nou so lekker gesels. Hoekom drink ons nie volgende week koffie nie?” En gee jou selnommer. Dan het hy die geleentheid om te besluit of hy dit verder wil voer.

Leer hoe om ’n kompliment te aanvaar, sê Fiona Dorse, eienaar van Corporate Dating.

“As ’n vreemde man spring om die deur vir jou oop te maak, maak oogkontak, glimlag en sê dankie, ook as hy jou voorkoms komplimenteer. Jy kan selfs by die huis oefen as jy gewoonlik nie weet wat om te sê wanneer dit gebeur nie. Baie vroue is so geëmansipeerd dat hulle ’n man verneder laat voel as hy vir haar die deur oopmaak en sy sê iets sarkasties soos ‘Lyk dit of my arms lam is?’”

Lees ook: Hoe om beter met jou lewensmaat te kommunikeer

Maar wát sê jy?

Ironies genoeg is dit nie so belangrik nie. Nieverbale boodskappe is eintlik belangriker as die woorde wat jy gebruik. Volgens studiebevindings word 55% van mense se eerste indrukke van jou op voorkoms en liggaamstaal gegrond, 38% op die manier hoe jy praat en net 7% op die woorde wat jy gebruik. Jou liggaamstaal en stem is toe belangriker … Vergeet wát jy wil sê en fokus eerder op hóé jy dit sê.

Wees jouself, beveel Theo aan. “Moenie een of ander gladdebek-sinnetjie uit ’n fliek gebruik en jouself heel verkeerd uitbeeld nie. Dan trek jy die verkeerde mense aan en jy wil tog iemand ontmoet wat in jóú belang stel. Maak seker die woorde weerspieël iets van jou.”

Volgens ’n insiggewende artikel oor flirt wat deur die Social Issue Research Centre in Oxford, Engeland, gedoen is, is die weer ’n staatmakeronderwerp wanneer jy ’n geselsie wil aanknoop. Jy kan beswaarlik kleitrap en niemand sal aanstoot neem of wonder wat om te sê nie. Dit is ook die ideale geleentheid om op ’n warm dag aan te bied om vir iemand ’n drankie te koop, of koffie as dit koud is.

Oogkontak is ’n wenner, glo Theo.

“Deur iemand in die oë te kyk, gee jy die versekering dat die persoon belangrik is. As jy nie seker is wat om te sê nie, fokus op dinge in die omgewing: bote op die water, musiek wat speel, die dekor in ’n restaurant. Die idee is om ander mense goed oor hulself te laat voel en te laat lag. ’n Grappie kan die ys breek, maar wees versigtig dat jy nie aanstoot gee nie. Dink aan iets wat jy vir jou baas of ma sou vertel.”

Lees ook: 3 maniere om jou geliefde in ’n nuwe lig te sien?

Behoort vroue te flirt?

Fiona Dorse meen mans moet die flirtery inisieer. Maar sy het heelparty wenke oor hoe jy kan seker maak dat mans met jou wíl flirt. “Ons kan baie by ons Europese susters soos die Italiaanse vroue leer. Hulle weet hoe om vroulik – en nie seksueel nie – te flirt.”

Sy onderskei tussen twee soorte verhoudings: die langtermyn-verhouding met die oog op trou en ’n korttermynverhouding wat op die seksuele fokus. “Vroue moet besef dat as jy blatant met ’n man flirt, jy die indruk kan wek dat jy dit gereeld doen en beskikbaar is vir ’n korttermynverhouding. As jy in ’n blywende verhouding belang stel, moet die man die werk doen.

“Dis belangrik om ’n positiewe gees uit te straal. Wees vars en selfversekerd, glimlag en lyk toeganklik. Dan voel mense lus om ’n geselsie aan te knoop, of jou te komplimenteer.

“Mans hou van warmte en vroulikheid en dis iets wat vroue in die sakewêreld moet onthou. Ek merk baie keer op hoe suksesvolle sakevroue ’n saaklike en berekende spraakritme het wat nie toeganklik klink nie. Wees ontspanne en straal warmte uit – mense kom dit dadelik agter en dit laat hulle op hul gemak voel. Wees gaaf en wys dat jy die poging tot geselskap geniet.

“As jy gelukkig en vrolik voorkom, wíl mense jou graag ontmoet.”

Lees ook: 29 maniere om te sê “ek het jou lief”

Waar ontmoet jy mense?

As jy nie op plekke kom waar enkellopers is nie, gaan jy hulle ook nie ontmoet nie. Boekwinkels en kunsgalerye trek ’n sekere soort mens en is gewoonlik ’n goeie plek om mense te ontmoet,
sê Fiona.

“Onthou, mans gaan altyd na die vrou met die lae hals en kort rokkie kyk, maar dis gewoonlik nie die een wat hulle vir ’n langtermynverhouding kies nie. As jy eleganter aantrek, beskou mans jou makliker as ’n trouvrou.”

Theo sê dit lyk of mense wegbeweeg van blitsmetodes om pasmaats te ontmoet en weer fokus op tradisionele dienste om hul lewensmaat te kry. “Pleks van deur honderde profiele te klik, probeer hulle eerder werklik verstaan watter soort mens hulle as ’n maat wil hê. Ek dink mense het meer empatie met mekaar se tekortkominge as hulle mekaar in lewende lywe ontmoet en die persoon in sy geheel met sy liggaamstaal en emosies ’n indruk kan maak.”

Lees ook: 7 wenke vir ’n goedkoop “date night”

Wat sê jou stem van jou?

Fiona Ramsay, bekroonde aktrise en stemafrigter, sê jou stem sê veel meer as die woorde wat uitrol.

“Jy is wat jy sê,” is die leuse van haar onderneming, Speakeasy Voice Academy. “Jou stem speel ’n groot rol in hoe ander jou waarneem en bepaal hoe mense jou opsom en teenoor jou optree.

“Jou stem is soos ’n unieke vingerafdruk en gee baie inligting oor jou karakter en persoonlikheid weer. Die kenmerke en intonasies van jou stem bepaal watter indruk jy op ander mense maak. Ons pas elke dag ons stemme aan vir situasies en interaksie sonder om dit eens te besef. Dink maar hoe verskillend jy met ’n kind, jou vriende, baas en geliefde sal praat. Variasies in toon, toonhoogte en keuse van woordeskat het alles ’n invloed op hoe ander jou sien en hoor. Om bewus te wees van hierdie veranderinge in jou stem en spraak kan baie bemagtigend wees.”

In ’n wêreld waar die internet koning kraai, word interpersoonlike verbale kommunikasie al hoe minder en boonop word emosies soms gereduseer tot emoticons, afkortings en akronieme soos “bff” (best friends forever).

“Dit ontneem uitdrukkingswaarde aan kommunikasie en ons loop die gevaar om letterlik ons stemme te verloor sowel as die vaardigheid om te praat. Hedendaagse stemme is ligter en onderontwikkel en weerspieël minder vertroue omdat ons stemme te min gebruik word om ons bedoelings te verwoord.

“Boonop is daar ’n universele obsessie met jeug, voor-koms en gesondheid, wat as sodanig nie ’n probleem is nie, maar dit het wel ’n gemeenskap geskep wat primêr op die visuele gefokus is en die gehoor- en spraakstimulus agterweë laat. Dit wil lyk of ons nie meer ons stemme vertrou om ons ware self en ons bedoelings weer te gee nie.”

Fiona glo ons moet baie bewuster van die effek van ons stemme wees. “As jy jou stem reg inspan, kan dit baie bydra om interaksie te verbeter en die regte boodskap van jouself oor te dra.”

Lees ook: 5 dinge wat niemand jou vertel voordat jy trou nie

So, werk flirt regtig?

O ja! Dit wil lyk of die feit dat jy belang stel en beskikbaar is, doeltreffender is as om goed te lyk.

Dr. Monica Moore van die Webster-universiteit in St Louis, Amerika, het navorsing gedoen oor die doeltreffendheid van flirtery in plekke soos kroeë waar enkellopers en jongmense mekaar ontmoet. Sy’t vasgestel dis nie die aantreklikstes wat genader word nie, maar eerder dié wat hul beskikbaarheid en selfvertroue aandui deur basiese flirttegnieke soos om oogkontak te maak en te glimlag.

Lees ook: Wat jy moet weet as jou maat Aspergers het

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.