Hernieude volhoubaarheidsfokus en nuwe oesjare vrygestel

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tokara wyn- en olyflandgoed buite Stellenbosch het die jaar nie net met die vrystelling van nuwe oesjare afgeskop nie, maar ook met ’n hernieude volhoubaarheidsplan wat in 2023 werklik tot uiting kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaste is by die luukse Ellerman House in Bantrybaai in Kaapstad – deel van die Relais & Chateaux-groep – onthaal om ’n kykie te kry in wat alles op die plaas beplan word vir die toekoms. Aan die voete van Leeukop, is praatjies oor volhoubaarheid van een van Suid-Afrika se bekendste landgoedere en die erfenis wat in Ellerman House bewaar word, die perfekte pasmaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die baie interessante wynrak in die onthaalgedeelte van Ellerman House, is nie net ’n besprekingspunt as dekor-item nie, maar ook as uitmuntende versameling raar wyne.

Die boetiekhotel is ’n oorspronklike Kaaps Edwardiaanse herehuis wat in 1906 gebou is en vir meer as 115 jaar lank oor Bantrybaai uitkyk. Daar is slegs 13 slaapkamers en twee privaat villa’s, maar die kuns- en wynversameling is ongeëwenaar.

Ellerman House-personeel en gaste by die geleentheid is van links Fransie Roux van Tokara, Karien Bendle van Ellerman House en Wayve Kolevsohn, groep sommelier van The Royal Portfolio.

Met onbelemmerde uitsigte oor die Atlantiese Oseaan, het gaste aan die Tokara Methode Cape Classique 2016 geteug, met vernapperinge van oesters, botterkerrie-happies en Bruschetta met tamatie en knoffel. Die vonkelwyn was vir ses jaar op die gismoer, wat dit een van Suid-Afrika se langstes op die gismoer maak. Die oorgrote meerderheid vonkelwyne wat in die tradisionele Franse metode gemaak word, is tussen een en drie jaar op die gismoer.

Gaste is verwelkom met Tokara se yskoue vonkelwyn, Cap Classique 2016, wat pas disgorge is en nog nie eers ’n etiket het nie, en Sauvignon blanc.

Stuart Botha, wynmaker by Tokara het aan gaste vertel dat die matige rypwordseisoen van 2022, dit beslis een van die oesjare gaan wees waarna ons in toekoms gaan terugverwys.

Stuart het tussen die verskillende kosgange deur, vertel van die nuwe oesjaar-vrystelling wat gaste kon proe, waaronder die Bordeaux-styl vlagskip versnitte, die Cabernet Sauvignon-gedrewe Tokara Director’s Reserve Red 2020 en die Director’s Reserve White 2020; die Reserve Collection Cabernet Sauvignon 2020 en die Tokara Elgin Reserve Collection Sauvignon Blanc 2022 en die Tokara Reserve Collection Syrah 2019.

Fred Hart van Uncork SA en Wade Bales, wynkenner en -verkoper van Wade Bales Wine Co.
Stuart Botha, wynmaker by Tokara en Ellerman House sjef, Kieran Whyte.

Tokara het ook onlangs die TELOS 2017, die derde oesjaar van hierdie beperkte oplaag wyne wat oorsee bykans volpunte by wynkenners ontvang het, vrygestel.

Die twee wyne wat saam met voorgereg bedien is, is die Tokara Directors Reserve White 2020 en Tokara Reserve Collection Chardonnay 2022, die ideale pasmaats vir die gebraaide geelstert met Malei-mayonnaise, nartjie Ponzu, kerrieblaar en gepekelde uitjies.

GT Ferreira, eienaar van Tokara, saam met Francé Beyers (Stellenbosch Visio).

Stuart het met die voorgereg vertel dat die 2020-oesjaar uit ’n wynmakersperspektief uitstaande was. “Ek besef al meer die waarde van bottelveroudering. Die Tokara Directors Reserve White 2020 word net soveel meer volrond met ouderdom.”

Die voorgereg van gebraaide geelstert met Malei-mayonnaise, nartjie Ponzu, kerrieblaar en gepekelde uitjies.
Die nuutste oesjaar van die Bordeaux-styl vlagskip versnit, die Cabernet Sauvignon-gedrewe Tokara Director’s Reserve Red 2020.

Die hoofgereg van Laingsburg lamskouer met truffel-en-parmesaanpap, Chakalaka en boontjies is met die Tokara Directors Reserve Red 2020, Tokara Reserve Collection Cabernet Sauvignon 2020 en Tokara Reserve Collection Syrah 2019 bedien.

Die hoofgereg van Laingsburg lamskouer met truffel-en-parmesaanpap, Chakalaka en boontjies is met die Tokara Directors Reserve Red 2020, Tokara Reserve Collection Cabernet Sauvignon 2020 en Tokara Reserve Collection Syrah 2019 bedien.

Nagereg van kasjoeneut Semifreddo met appelkoos en gerookte sjokolade is met die Tokara potketel brandewyn XO bedien, waarvan die onderskeie komponente tussen tien en 16 jaar oud is.

Nagereg van kasjoeneut Semifreddo met appelkoos en gerookte sjokolade is met die Tokara potketel brandewyn XO bedien, waarvan die onderskeie komponente tussen tien en 16 jaar oud is.

Karl Lambour, Tokara se algemene bestuurder het vertel: “By Tokara is die kwaliteit van ons wyne net een faset van ’n langtermyn-verbintenis tot sy mense, die omgewing, en om ’n nalatenskap vir toekomstige geslagte na te laat. Volhoubaarheid, ondersteun deur die ingebruikneming van ’n 780 kW sonkrag-aanleg, is ’n groot fokusarea by Tokara.

“Hierdie beduidende belegging in son-energie het nie net ’n impak op die beskerming van die omgewing nie, maar dit help ook om die kontinuïteit van ons bedrywighede in ’n onvoorspelbare energievoorsieningstydperk te verseker. Deur by verandering aan te pas en ’n groener toekoms te verseker, posisioneer ons onsself as ’n lewensvatbare besigheid vir almal wat betrokke is.”

Hy het ook gesê hul personeel is deel van die plaas se volhoubaarheid. Daar is ’n indrukwekkende behuisingsprojek vir personeel, wat baie naby aan die plaas geleë is en baie van die personeel het lang werksrekords.

Stuart Botha, wynmaker by Tokara met een van die nuutste vrystellings rooiwyn in sy glas.
Tokara het ook onlangs die TELOS 2017, die derde oesjaar van hierdie beperkte oplaag wyne wat oorsee bykans volpunte by wynkenners ontvang het, vrygestel.

Aidan Morton, wat sedert 2000 die wingerdboukundige op die plaas is, vertel dat ’n suksesvolle kompos- en herwinningsprogram wat die afgelope dekade in plek is, verder die plaas se toewyding aan volhoubaarheid onderskryf.

“Deur voortdurend te ontwikkel en vorentoe te kyk in terme van verantwoordelike wynproduksie in pas met internasionale markverwagtinge, het Tokara die mikpunt verhoog met nuwe uitstaande oesjare, van sy belangrikste fokusvariëteite  Cabernet Sauvignon and Sauvignon blanc.

“Alles is deel van ons volhoubaarheidsfokus – van waterbeplanning tot hoe die wingerde geplant word. Virusse word met natuurlike roofdiere beheer. En ons verleng die wingerde se leeftyd met slim snoeitegnieke.”

Lees ook: Valentynsoentjies met whisky-karamelsous

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

5 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

8 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

12 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.