Bestanddele
- 180 ml (¾ k) sagte botter
- 330 ml (1 k + 1/3 k) suiker
- 6 groot eiers, geskei
- 250 g (2½ blokke) donkersjokolade
- 200 g (2 pakkies) gemaalde amandels
- 20 ml (1 e + 1 t) kakao
- 10 ml (2 t) aartappelmeel
- 1 ml (¼ t) bakpoeier
- fyn gerasperde skil en uitgedrukte sap van 1 lemoen – sowat 60 ml (¼ k)
- 10 ml (2 t) lemoenlikeur of brandewyn of laat weg
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- knypie sout
- knypie kremetart
- versiersuiker vir opdiening
Metode
- Verhit die oond tot 180 °C en voer ’n 25 cm x 6 cm-koekpan met bakpapier uit.
- Room die botter en die suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiergele een vir een by.
- Smelt die sjokolade en laat effens afkoel. Vou die sjokolade en gemaalde amandels by die eiermengsel in.
- Sif die kakao, aartappelmeel en bakpoeier by die sjokolademengsel en vou in. Meng die lemoensap, -skil en likeur by.
- Sit die eierwitte in ’n skoon glasbak. Voeg die sout en kremetart by en klits tot stywe punte vorm. Vou die geklitste eierwitte bietjie vir bietjie by die sjokolademengsel in.
- Gooi die mengsel in die koekpan en bak vir sowat 35 min. tot ’n toetspen skoon uitkom.
- Maak die kante los as die koek gaar is, maar laat in die koekpan afkoel.
- Strooi versiersuiker of kakao voor opdiening oor.
